05 Mei 23:21
11°C / 19°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 11°C

Wind 24km/h


Reënval 1.3mm


Humiditeit 83%

Woensdag


22°C / 10°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Donderdag


27°C / 14°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 35%

Vrydag


28°C / 11°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 29%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


26°C / 12°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Nuus

Egipte op ’n mespunt

Deur ap Vrydag 16 Augustus 2013 15:02

Foto: Reuters

KAïRO - Duisende ondersteuners van Egipte se voormalige president, Mohamed Moersi, het Vrydag die strate van Kaïro ingevaar om ’n “optog van woede” te hou nadat meer as 500 mense in Woensdag se geweld gesterf het.
Weermagsoldate, wat toestemming het om te skiet, staan tans wag by belangrike sleutelpunte in die Egiptiese hoofstad.
Die Moslem-broederskap het gevra vir optogte in dorpe en stede oor die land heen twee dae nadat veiligheidsmagte op protesgroepe van Moersi-ondersteuners toegeslaan het.
Intussen het liberale en sekulêre groepe Mohamed El-Baradei die rug toegekeer nadat hy uit sy pos as adjunkpresident bedank het. 
El-Baradei het gesê hy kan nie verantwoordelikheid vir die weermag se gewelddadige aanslag op ondersteuners van die Moslem-broederskap aanvaar nie. 
Egipte se Tamarod-beweging beskuldig El-Baradei van pligsversuim en sê hy moes die weermag se optrede gesteun het. 
Die Christen-minderheid in dié land leef ook nou in vrees nadat broederskap-ondersteuners begin wraak neem het omdat hulle meen Christene skaar hulle agter die tussentydse regering. 
Veertig Koptiese kerke en instellings is reeds aangeval of aan die brand gesteek.