Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 70%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Nuus

Gestremde: Makro sê ’skuus

Deur Wolfram Zwecker Vrydag 16 Augustus 2013 1:43 vm.

Gert Lourens, bedryfsdirekteur van Makro, het gistermiddag sake gaan regstel tussen Makro en Shawn Esterhuyzen en sy pa, Deon, wat Dinsdagmiddag hardhandig deur veiligheidspersoneel by die winkel gehanteer is nadat Shawn kurktrekkers gegaps het. Langs hulle is Shawn se ma, Linda. Foto: Denzil Maragele

Opdrag is gister deur Massmart, Makro se moedermaatskappy, gegee dat werkers by hul Germiston-tak vir opleiding gestuur word nadat ’n gestremde seun hardhandig deur veiligheidswagte gehanteer is.

Die voorval wat aanleiding tot die stap gegee het, het Dinsdagmiddag gebeur toe Deon Esterhuyzen en Shawn (22), sy geestelik gestremde seun, by Makro in Germiston gaan inkopies doen het.

Shawn is ’n moeilike kind en as hy kans kry, gaps hy soms iets, wat hy ook in die winkel gedoen het, het Esterhuyzen, van Kempton Park, ná die voorval gesê.

Veiligheidswagte het hom buite die winkel voorgekeer en wou hom en sy seun, ongeag sy verduideliking, laat toesluit oor die winkeldiefstal. Hy het ses kurktrekkers ter waarde van sowat R160 gesteel.

Die polisie is later ingeroep, maar het geweier om die seun te arresteer weens sy gestremdheid en ook die verduideliking van die pa.

Nadat die voorval onder Massmart se aandag gebring is, het Brian Leroni, groephoof van korporatiewe sake, ’n interne ondersoek gelas.

Gisteroggend is verklarings van al die betrokkenes geneem en ’n verslag is opgestel wat aan die bestuur voorgelê gaan word. “Dit is nie hoe ons ons klante hanteer nie,” het Leroni gesê

Volgens Leroni is van die eerste stappe dat die hulp van die organisasie, Disabled People South Africa, ingeroep gaan word om opleiding aan die bestuurders en veiligheidspersoneel van Makro Germiston te gee.

Daar gaan ook gekyk word na hoe om die hantering van mense wat verdink word van winkeldiefstal te struktureer.

Gert Lourens, bedryfsdirekteur van Makro, het gistermiddag self ’n draai by die Esterhuyzens gemaak om verskoning aan te bied vir die gebeure. Hy het Shawn ook uitgenooi om weer ’n draai by die Makro te maak en vir hom ’n PlayStation en ’n paar speletjies te gaan uitsoek.