Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


24°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 2.5mm


Humiditeit 81%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Woensdag


22°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Nuusflitse
Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongerye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Hewitt ‘te siek’ vir hofverskyning

Deur sapa Vrydag 16 Augustus 2013 1:57 nm.

Bob Hewitt Foto: Argief

JOHANNESBURG. – Die voormalige tenniskampioen Bob Hewitt was Vrydag te siek om in die Boksburg-landdroshof te verskyn op aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding, het die hof gehoor. 
“Hy [Hewitt] kan weens swak gesondheid nie [die hofverrigtinge] bywoon nie. Die doktersverslag wat ingedien is spesifiseer die stand van sy gesondheid,” het sy regsverteenwoordiger, adv. Alwyn Griebenow, aan die hof gesê.
Die 73-jarige Hewitt staan tereg op twee aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding. Hy word daarvan beskuldig dat hy jong meisies wat hy dekades gelede afgerig het, gemolesteer het.
Die klagte van beweerde verkragting spruit uit voorvalle in 1982 in Boksburg en een in Sun City in 1981. Die onsedelike aanval het na bewering in 1994, ook in Boksburg, gebeur.
Hewitt het skuld op die aanklagte ontken.
Griebenow het gesê Hewitt is “ ’n ou man wat deur ’n baie moeilike tyd gaan”.
Hewitt ontvang behandeling vir angsaanvalle en depressie en het die volle ondersteuning van sy vrou, het Griebenow gesê.
Die staat het gevra dat die aanklagte teen Hewitt gekonsolideer word en dat die saak in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.
Griebenow het ’n aansoek by die nasionale vervolgingsgesag ingedien om die verhoor na Port Elizabeth, waar Hewitt nou woon, oor te plaas.
Hy het gesê om na Gauteng te reis om hofverrigtinge by te woon, sal te veeleisend wees vir sy kliënt.
Landdros Emmanuel Magampa het die saak tot 4 Oktober uitgestel.
’n Lasbrief vir Hewitt se inhegtenisneming sal tot dan teruggehou word, het Magampa gesê.