05 Augustus 06:20
13°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 13°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 72%

Donderdag


19°C / 12°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 53%

Vrydag


19°C / 13°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


17°C / 11°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 62%

Sondag


14°C / 12°C

Wind 32km/h


Reënval 6mm


Humiditeit 78%

Maandag


12°C / 11°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Nuus

Hof sê gestremde Brit kan vasektomie kry

Deur ap Vrydag 16 Augustus 2013 13:49
LONDEN. – ’n Hof in Brittanje het Vrydag bevind dat ’n man ’n vasektomie mag ondergaan omdat dit vir sy eie beswil is.
Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n Britse hof so ’n uitspraak lewer.
Die 36-jarige man, wat slegs as DE bekend staan, is leergestremd en het reeds ’n jong seun by sy meisie.
Die regter het ingestem dat ’n vasektomie kan plaasvind nadat hy gehoor het dat DE nie weer ’n pa wil word nie en dat nog ’n kind hom “sielkundige skade” kan berokken.
Kenners sê DE is in staat om instemmende seksuele verhoudings te hê, maar dat hy nie behoorlik besluite oor voorbehoedmiddels kan neem nie.
Hulle meen dat ’n vasektomie aan DE ’n hoër mate van onafhanklikheid sal gee.