Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Vrydag


28°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Sondag


28°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


33°C / 18°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 34%

Dinsdag


25°C / 15°C

Wind 26km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 49%

Nuus

Hof sê later oor Marikana-regskoste

Deur sapa Vrydag 16 Augustus 2013 12:37
JOHANNESBURG. – Die beslissing oor of die staat die regskoste van die mynwerkers moet betaal wat tydens onrus in Marikana gewond of in hegtenis geneem is, is uitgestel, het die konstitusionele hof Vrydag gesê.
Uitspraak in die saak is tot Maandag om 10:00 uitgestel, het die hof in ’n verklaring gesê.
Die regskoste hou verband met die Farlam-kommissie van ondersoek, wat die dood van 44 mense ondersoek wat verlede jaar tydens onrus by Lonmin se Marikana-myn gesterf het.
Op 21 Junie het adv. Dali Mpofu, wat die mynwerkers verteenwoordig, aan die kommissie gesê dit is weens geldnood die laaste dag wat hy die mynwerkers verteenwoordig.
Hy het ’n paar weke gelede ’n dringende aansoek voor die Pretoriase hooggeregshof gebring om te vra vir vergoeding, maar dié aansoek is verwerp.
Mpofu het toe die staat konstitusionele hof toe gesleep en gevra dat sy regspan betaal word.
Die kommissie se ondersoek is Woensdag uitgestel hangende die hof se besluit.