Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Nuus

Honderde horlosies uit Hongkong-winkel gesteel

Deur sapa-afp Vrydag 16 Augustus 2013 12:32 nm.
HONGKONG. – Gemaskerde mans het Vrydagoggend by ’n winkel in Hongkong ingebreek en binne enkele minute met 240 luukse horlosies in hul besit gevlug, het die plaaslike polisie gesê.
Die drie rowers, wat volgens owerhede ook hoede gedra het, het die horlosies gegryp nadat hulle ’n hamer gebruik het om die winkel se glasdeur stukkend te slaan. 
Inbrake by horlosiewinkels in Hongkong, waar sewe miljoen mense woon, is uiters seldsaam met slegs een voorval wat verlede jaar uit altesame 76 000 misdade aangemeld is.
“Ons glo hulle is ervare want die inbraak het slegs sowat drie minute geduur,” het Ma Kai-keung, Hongkong se polisiehoof,  aan joernaliste gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die horlosies is volgens ’n berig in die South China Morning Post ongeveer $1,29 miljoen (sowat R13 miljoen) werd.