Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 2.3mm


Humiditeit 63%

Donderdag


26°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Vrydag


28°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Sondag


27°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


32°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 31%

Nuus

Kragtige aardbewing skud Nieu-Seeland

Deur ap Vrydag 16 Augustus 2013 06:43
WELLINGTON (Nieu-Seeland). – Verkeer is erg ontwrig en kantoorwerkers het gehardloop om skuiling te kry nadat 'n kragtige aardbewing Vrydag die sentrale gebied van Nieu-Seeland geskud het.
Sommige geboue in Wellington is ontruim en in sommige plekke is items van die rakke afgeskud. 
Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.
Die polisie ondersoek berigte dat 'n huis naby die episentrum van die aardbewing erg beskadig is.
Die aardbewing van 6,8-sterkte het die gebied naby die dorp Seddon omstreeks 14:30 getref, waarna 'n reeks kleiner naskokke gevolg het.
Die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) het gesê die episentrum van die aardbewing is 94 km wes van Wellington teen 'n diepte van 10 km.
Plaaslike owerhede het nie 'n tsoenami-waarskuwing uitgereik nie.
'n Aardbewing van dieselfde sterkte het drie weke gelede ook die gebied getref en waterpype en vensters gebreek en kragonderbrekings veroorsaak.