Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 25km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 56%

Dinsdag


27°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Woensdag


33°C / 18°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Donderdag


33°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Vrydag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 5.5mm


Humiditeit 58%

Nuusflitse
​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind Vroue sterf toe muur op hulle val Dominee sterf ná fratsongeluk Tiener vas ná vroue op Tafelberg beroof is Filippyne-ontploffing eis 1, 37 gewond Soweto-plundery: Meer as 150 in hegtenis Anwa Dramat se skorsing onwettig verklaar Motorbrand-tragedie: 2 seuns sterf Britse vrou sterf in Thailand weens borsinfeksie Jackie Selebi sterf in Pretoria 5 stories wat jy nie mag mis nie ​Tyd raak min vir Japanse gyselaars Marthinus dalk gou ambassadeur in Griekeland Prins Andrew ontken in openbaar seksaantygings Koning van Saoedi-Arabië sterf Swak dienslewering knou Brandfort Dwelms: Jhb-man kry doodstraf op verjaarsdag Antraks-dreigement in Centurion Tronkbewaarders gesteek in moontlike ‘benderitueel’ Soweto-geweld: 68 in hegtenis Kaalbors en terug op bl. 3! Tony Ehrenreich van Cosatu wil sy geld uitdeel Mense speel ‘slagter’ toe voertuig met beeste omslaan 2 sterf toe man handgranaat in polisiestasie gooi Oudlanddros se kinders verwyder WhatsApp nou op rekenaar Man skiet glo Boston-dokter uit wraak Polisiekaptein vas oor hy glo wapens aan rowers leen Verkeersbeamptes dreig vrou oor R3,50 vir parkering Zuma praat oor kragkrisis Vrou sê man wou haar 'lelik' maak met suur
Nuus

Liefde waai in speelgoedman vas

Vrydag 16 Augustus 2013 10:28

Driekie Pieterse (61) lag vir een van Hendrik Trollip (58) se grappies terwyl hulle handjies vashou. Foto: André Damons

Op ’n dag van drama en woede het ’n Bloemfonteinse speelgoedmaker geluk by die ongeluk gekry toe hy hom in sy nuwe liefde vasgeloop het.
Die ongeluk het Hendrik Trollip (58), wat houtspeelgoed maak en verkoop, onlangs wéér getref toe sy selfoon uit sy bakkie voor die Spar in Bayswater gesteel is.
Hy was “bedonderd en blind van die woede” toe hy die winkel wil binnegaan om na die beeldmateriaal van die kringtelevisiekameras te kyk.
Toe loop hy hom vas in Driekie Pieterse (61). Die wind het daardie dag erg gewaai, sê hy.
Volgens Pieterse, ’n pensioentrekker en tydelike motorwag, was dit liefde met die eerste oogopslag.
Sy glimlag breed as sy oor die ontmoeting en Trollip praat.
“Dit was asof die wind ons vas teen mekaar gewaai het. Toe kyk ek in sy bruin oë en is dadelik verlief.”
Hoewel Trollip, wat verlede jaar drie maande lank in sy bakkie moes bly, steeds ’n bietjie skaam is, twyfel Pieterse nie dat hulle vir mekaar gemaak is nie.
Hy het steeds tyd gehad om Pieterse vir haar nommer te vra hoewel sy selfoon gesteel is en hy op pad was polisiekantoor toe om die diefstal aan te meld.
“Ek was bedonderd oor my selfoon wat gesteel is en in al die drama loop ek toe in haar vas.
“Toe vra ek sommer haar nommer, maar sy gee my nog die verkeerde nommer ook. Toe is ek eers bedonderd.”
Pieterse glimlag half skaam oor haar blaps daardie dag.
Trollip is alles wat sy in ’n man wil hê, sê sy.
“Ek het twee van die nommers omgeruil en toe hy my bel, toe kom hy by iemand anders uit. Hy was baie kwaad,” lag sy.
“Hy is snaaks en hardwerkend en het mooi bruin oë. Ek het hom altyd daar gesien waar hy sy speelgoed verkoop. Hy maak sulke mooi speelgoed en het vir my ’n hart ook gemaak.”
Trollip se drie honde, wat hul baas streng oppas, het Pieterse ook aanvaar.
Die twee kuier nog oor en weer en daar is nog nie sprake van trou nie.
Trollip was verlede jaar so te sê op straat nadat die ou Ramkraal-tronk waar hy gewerk en gebly het, afgebreek is.
Byna al sy gereedskap en voorraad is gebuit en hy moes van vooraf begin bou.
Talle lesers van Volksblad, Beeld se susterskoerant, het gereedskap en hout geskenk om hom te help.