Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 14°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 68%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Donderdag


25°C / 18°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 18°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Nuus

Malema kry helde-ontvangs in Marikana

Vrydag 16 Augustus 2013 12:54 nm.
MARIKANA. – Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het ’n helde-ontvangs gekry by ’n saamtrek in Noordwes om die Marikana-tragedie te herdenk.
Duisende mense  het Vrydag herdenkingsdienste op die koppie by Lonmin se Marikana-myn, waar 34 mynwerkers presies ’n jaar gelede gesterf het, bygewoon.
Malema het destyds regsverteenwoordigers gereël om die 270 mynwerkers wat ná die skietery in hegtenis geneem is, te verteenwoordig. Hy was toe nog die leier van die ANC-jeugliga en is later uit die regerende party geskors.
Mans wat geklee is in Amcu-klere het liedere gesing by ’n wit tent, waar families van die gestorwe mynwerkers gesit het. 
Joseph Mathunjwa, president van Amcu, het gesê ’n jaar later word mynwerkers steeds ’n “slaweloon” betaal.
“Niks het verander nie. Werkers baat steeds nie by die ekonomie van die land nie.”