Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


30°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 3.4mm


Humiditeit 65%

Donderdag


22°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 5.0mm


Humiditeit 66%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Nuus

Man skuldig ná hy The Spear beskadig

Deur sapa Vrydag 16 Augustus 2013 2:06 nm.
JOHANNESBURG. – Een van die mans wat aangekla is nadat hy verlede jaar die omstrede skildery The Spear in die Goodman-galery in Johannesburg beskadig het, is in die Hillbrow-landdroshof skuldig bevind op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging.
Die hof het bevind dat Louis Mabokela, ’n taxibestuurder van Limpopo, doelbewus die skildery in Mei verlede jaar beskadig het, berig die SAUK.
Mabokela het volgehou dat hy onskuldig is en gesê hy sien niks verkeerd aan wat hy gedoen het nie.
Hy het gesê hy het bloot die beeld van die president beskerm.
Barend la Grange, die tweede man wat in verband met die voorval aangekla is, het ’n skulderkenningsboete van R1 000 betaal.
Die skildery was sowat R100 000 werd, maar dit het in waarde gestyg nadat dit beskadig is.