Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

'Nóg klagte teen Oscar'

Vrydag 16 Augustus 2013 11:39 vm.

Oscar Pistorius tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Herman Verwey

Oscar Pistorius, wat Maandag weer in die hof moet verskyn in verband met die skietdood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, word deur twee bykomende klagte in die gesig gestaar, berig eNCA.
Volgens dié uitsaaier is twee klagte van die roekelose afvuur van 'n vuurwapen in 'n openbare plek by die klagstaat gevoeg.
Een van die voorvalle het glo by Tashas-restaurant in Melrose Arch plaasgevind en die ander toe Pistorius saam met sy vriend Darren Fresco en voormalige meisie Samantha Taylor in 'n motor deur die metropolisie afgetrek is. 
Daar was na bewering 'n onderonsie met die polisie en Pistorius-hulle het weggejaag. Hy het glo'n skoot deur die voertuig se sondak afgevuur.
Bulelwa Makeke, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het vroeër gesê daar word nog aan die akte gewerk en Maandag, wanneer Pistorius weer in die Pretoriase landdroshof moet verskyn, sal klarigheid hieroor verstrek word. 
Die proses om die saak na die hooggeregshof in die stad te verskuif, is aan die gang, het sy gesê.
Pistorius sal moontlik vroeg volgende jaar in die hooggeregshof verhoor word.
Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, het Dinsdag bevestig die polisie se ondersoek is afgehandel en dat daar Maandag op ’n verhoordatum besluit sal word.