03 Augustus 21:11
13°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 13°C

Wind 33km/h


Reënval 12mm


Humiditeit 78%

Woensdag


16°C / 13°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 74%

Donderdag


18°C / 12°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 58%

Vrydag


18°C / 13°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


16°C / 12°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 72%

Sondag


14°C / 11°C

Wind 22km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 94%

Nuus

NVG moet ‘spioenasiebande’ aan DA oorhandig

Vrydag 16 Augustus 2013 12:06

Pres. Jacob Zuma Foto: Argief

PRETORIA. – Regter Rami Mathopo het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof vir adv. Nomgcobo Jiba, waarnemende hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), gelas om binne vyf dae gehoor te gee aan ’n bevel van die appèlhof op 20 Maart 2012 in verband met pres. Jacob Zuma se beweerde “spioenasiebande”. 
Die rekord wat Jiba moet indien ingevolge die appèlhofbevel moet ’n afskrif van die elektroniese opnames én ’n transkripsie daarvan insluit.  Dit is die opnames waarna adv. Mokotedi Mpshe, vorige waarnemende NVG-hoof,  verwys het in die aankondiging op 6 April 2009 dat Zuma nie weens beweerde korrupsie vervolg gaan word nie, berig Beeld.
Mathopo het ook gelas dat Jiba enige interne memorandums, verslae of notules van vergaderings wat gehandel het oor die inhoud van die opnames en/of die transkripsie self inhandig. 
Die DA het die aansoek gebring teen Jiba, die hoof van die direktoraat van spesiale operasies en teen Zuma. Die party se aansoek dat Jiba aan minagting van die hof skuldig bevind moet word, is van die hand gewys.