Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Vrydag


21°C / 14°C

Wind 19km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Ooretery: Bord se grootte tel

Oë ís groter as jou maag

Deur Lourensa Eckard Vrydag 16 Augustus 2013 2:14 vm.

Mense se oë is meestal groter as hul mae.

So het prof. Brian Wansink, direkteur van die Cornell Food and Brand-laboratorium, gister op Discovery se beraad oor gesondheid in Sandton gesê.

“Mense maak verskonings vir waarom hulle ooreet, maar dikwels kan dit toegeskryf word aan iets so eenvoudig soos die grootte van die bord,” het Wansink, wat vroeër die hoof van die Amerikaanse landboudepartement was, gesê.

Die skrywer van Mindless Eating: Why We Eat More Than We Think het gesê ’n mens maak elke dag sowat 200 besluite met betrekking tot kos.

Wansink het al ’n reeks eksperimente in sy koslaboratorium by die Cornell-universiteit gedoen. In een het hy ’n geheime pypie onder die sopbakkies van die mense wat aan die eksperiment deelgeneem het, gesit om die bakkies aanhoudend, dog subtiel, op te vul.

“Mense het 73% meer sop geëet as wat hulle normaalweg sou, net omdat hul bakkies nooit leeg geraak het nie.

“Ons het een van die vroue gevra of sy nie versadig raak nie, maar toe sê sy nee, want haar bakkie is nog nie leeg nie,” het Wansink gesê.

Mense dink hulle is slimmer as ’n bord of ’n bakkie, maar hulle is nie, het hy gesê.

“As jy Franse vra wanneer hulle weet hulle het genoeg

geëet, sal hulle sê dit is gewoonlik wanneer die kos nie meer lekker smaak nie. Ons het daardie vraag aan 150 Amerikaners gevra en die antwoord was onomwonde wanneer die bord leeg is.”

Die teorie is ook op alkoholgebruik van toepassing, het Wansink bygevoeg.

“As mense gevra word om dieselfde hoeveelheid drank in ’n lang glas, sowel as ’n kort glas te skink, sal die meerderheid meer drank in ’n kort glas skink.”

Wansink beveel geensins aan dat mense hul diëte drasties verander nie. “Die beste beleid is om klein verskille te maak wat jou brein nie eens werklik sal agterkom nie. Bêre die soetgoed agter in die yskas en die groente en vrugte voor.”

Roomys moet ook nooit uit die bak geëet word nie, maar eerder uitgeskep word. “As jy uit die bak eet, besef jy nie hoe baie jy eet nie.”