Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 20km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Nuusflitse
Vrou sterf toe vragmotor op haar motor rol ‘Ebola-chaos’ by Beitbrug Man vas wat huishulp aanrand Man aangekeer wat katte vir dwelmsmokkelary gebruik Universiteite breek bande met Bill Cosby Dief steel lykswa met lyk steeds binne in Matriekmeisie gee geboorte voor skool, los glo baba Seun op soek ná wolkbreuk Hoë risiko vir beurtkrag dié naweek Kaapse man steek glo vrou in Auckland dood 'Pop trek Steve Hofmeyr se toutjies' Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer
Nuus

Oscar se gewese vriendin ‘nou staatsgetuie’

Vrydag 16 Augustus 2013 1:13 nm.

Oscar Pistorius Foto: Argief

JOHANNESBURG. – ’n Gewese vriendin van die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gaan na verwagting ’n staatsgetuie wees.
City Press berig Samantha Taylor, met wie die Paralimpiese atleet ’n verhouding gehad het voordat hy die model Reeva Steenkamp begin sien het, het die polisie vertel van ’n voorval waarin sy en Pistorius op die hoofweg gery het terwyl die sondak van die motor oop was.
Sy het die motor bestuur.
“Oscar het na bewering opgestaan deur die sondak en skote afgevuur,” het ’n bron aan die koerant gesê.
Die nasionale vervolgingsgesag het gesê Pistorius sal teregstaan op twee bykomende aanklagte wanneer hy Maandag in die hof verskyn. 
Behalwe die aanklag van die moord op Steenkamp, sal Pistorius nou ook teregstaan op aanklagte dat hy ’n vuurwapen roekeloos in die openbaar hanteer het.
Die een aanklag hou verband met die voorval waarin Taylor betrokke was en die ander aanklag is teen hom gebring nadat hy vroeër vanjaar “per ongeluk” ’n skoot in ’n kuierplek in Melrose Arch, Johannesburg, afgevuur het.
Pistorius se regsverteenwoordigers wou nie kommentaar lewer nie.