Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Woensdag


21°C / 12°C

Wind 20km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 63%

Donderdag


21°C / 10°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Vrydag


21°C / 12°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Saterdag


22°C / 14°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Sondag


23°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0.9mm


Humiditeit 56%

Nuus

‘Rambo-eenheid’ in Ficksburg ondersoek

Deur sapa Vrydag 16 Augustus 2013 12:46
BLOEMFONTEIN. – Die beweerde aanrandings deur ’n groep polisiebeamptes van Ficksburg sal deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek word, het n woordvoerder Vrydag gesê.
Die direktoraat het dossiere ontvang om vier bewerings van aanranding en ’n bewering van poging tot moord te ondersoek, het Moses Dlamini, woordvoerder, gesê.
Die saak van poging tot moord hou verband met bewerings dat ’n vrou deur ’n polisievoertuig raakgery is. ’n Sogenaamde “Rambo-eenheid” van polisiebeamptes in en om Ficksburg het na bewering inwoners verlede naweek aangerand.
Die polisie in die Vrystaat het gesê twee beamptes wat nie aan diens was nie, is in hegtenis geneem nadat hulle ingemeng het toe beamptes ’n verdagte by ’n plaaslike kroeg ondervra het.
Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het gesê die saak word ondersoek.