Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 3.4mm


Humiditeit 67%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 5.3mm


Humiditeit 68%

Vrydag


22°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Nuus

Regstel-aksie ‘tref swartes ergste’

Deur Sarel van der Walt Vrydag 16 Augustus 2013 2:20 vm.

Pik Botha en Rabelani Dagada, ’n ontwikkelingsekonoom, tydens die debat oor regstellende aksie. Foto: Herman Verwey

Swart mense in Suid-Afrika betaal nou ’n hoër prys vir regstellende aksie as wit mense, sê Pik Botha.

Botha (81) het gister in Pretoria in ’n debat van Solidariteit oor regstellende aksie gesê swart mense betaal onder die huidige beleid, “wat op ras gegrond is” die prys, terwyl wit mense nog relatief goed daaraan toe is.

“Dit is die swart mense met die swak onderwys, dit is die swart pasiënte wat jare lank in hospitale moet wag en dit is swart kinders wat nie ingenieurs kan word nie omdat hulle nie behoorlik opgelei is in ’n waardevolle onderwysstelsel nie.”

Die voormalige minister van buitelandse sake het gesê in die destydse Kodesa-onderhandelinge in Kempton Park is daar nooit ooreengekom dat regstellende aksie op grond van die rassedemografie moet geskied nie. Die ou NP-regering sou nie daartoe ingestem het nie. Daar is wel destyds gepraat oor die behoefte aan onderwys, opleiding en vaardighede.

Botha het gesê hy en oudpres. FW de Klerk het al briewe aan die ANC (oudpres. Thabo Mbeki en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal) geskryf waarin hulle gewaarsku het dié verbreek die Kodesa-ooreenkoms. Hulle het nie antwoorde ontvang nie.

Volgens Botha het die tyd aangebreek vir ’n “nuwe Kodesa” waarin “die gees van 1994” kan herleef.

Die onderhandelaars wat in die vroeë 1990’s by Kodesa betrokke was, moet weer byeengebring word.

“Almal van ons moet weer om die tafel gaan sit en vir mekaar sê wat dit is wat ons in 1994 besluit het,” het Botha gesê.

Volgens hom het Nelson Mandela toe hy nog president was verskeie kere aan hom gesê hy hoop nie die land verloor die wit mense se vaardighede nie.

“Hy het aan my gesê: ‘Hulle moenie die staatsdiens verlaat nie, hulle moet ons help met die opleiding van swart mense om dieselfde vaardighede as die wit mense te hê.’

“Hy was bekommerd dat wit vaardighede (in die staatsdiens) sou padgee na die private sektor, emigreer of uitgedryf word,” het Botha gesê.

“Wat die regering nou doen, is die teenoorgestelde.”

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, het by dieselfde geleentheid sy nuwe boek, Regstellende trane, bekend gestel en gesê dit het tyd geword vir ’n nuwe nasionale dialoog oor regstellende aksie.

...

‘Ek was nog nooit lid van die ANC’

Pik Botha het gister ontken hy was in enige stadium ’n ANC-lid.

Die oudminister het op ’n byeenkoms van Solidariteit in Pretoria gesê hy het wel vroeër met die ANC se makro-ekonomiese beleid saamgestem.

Botha het so geantwoord nadat hy gevra is hoekom hy as ANC-lid nie die bestaande strukture gebruik as hy ontevrede is met regeringsbeleid nie.

“Ek is in 1996 uit die Nuwe Nasionale Party nadat (FW) De Klerk besluit het om aan die regering van nasionale eenheid te onttrek.

“Nadat ek weg is, het ek tot siens gesê aan die politiek. Ek het daarna by geen ander party aangesluit nie,” het Botha gesê.

Toe hy gevra is of hy dan nooit by die ANC aangesluit het soos beweer is nie, het hy dit ontken. “Nooit, nooit een oomblik het ek by die ANC aangesluit nie.

“Gaan vra die ANC. Hulle het mos inligting. Jy sal dit (’n bewys van lidmaatskap) nooit kry nie, want dit het nooit gebeur nie.

“Wat gebeur het, is dat ek by geleentheid in openbare verklarings die makro-ekonomiese beleid van die ANC gesteun het omdat ons (die land) toe vooruitgang gemaak het wat makro-ekonomiese en finansiële beleid betref.

“Dit beteken nie dat ek ooit ’n lid was nie,” het die 81-jarige oudminister gesê.

– Sarel van der Walt