Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 12°C

Wind 27km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 58%

Vrydag


23°C / 14°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 5.9mm


Humiditeit 81%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 22km/h


Reënval 0.9mm


Humiditeit 71%

Nuusflitse
Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help Seepunt: Telkom Direct is beroof Tweede tienermeisie sterf ná skietvoorval by skool 'Hiernamaals is te voorskriftelik' Regter maak prostituut stil in Dewani-saak Thailand gooi seksofferhande weg Senzo Meyiwa se moordenaars steeds op vrye voet Marcia Strassman sterf aan borskanker Demetri Catrakilis deel sy wenresep Noordwes: Boere skiet plaasaanvallers dood
Nuus

‘Tshwane wys só apartheid is oorwin’

Deur Cobus Claassen Vrydag 16 Augustus 2013 2:23 vm.

Ons móés Munitoria inplof sodat dit kan wys apartheid is verslaan, het Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, gister gesê.

Ramokgopa het by die Pretoriase Dieretuin waar die Tshwane-metro nuwe brandweerwaens en ambulanse in ontvangs geneem het, gesê die munisipaliteit herbou die hoofstad vinnig. “Dit is daarom gepas dat ’n apartheidsimbool soos Munitoria verdwyn het. Dit sou verkeerd gewees het om die gebou te behou.”

Hy het verwys na talle projekte wat Tshwane die laaste ruk begin het, soos die Tshepo 10 000-werkskeppingsinisiatief en die West Capital-ontwikkeling.

“Daar is landwyd geen ander munisipaliteit wat beter dienste lewer nie. Die nooddiensvoertuie is ’n geskenk aan Tshwane se inwoners en onderstreep dat ons ’n stad is wat uitnemendheid nastreef.”

Tshwane het gister vyf nuwe watertenkers, drie brandweerwaens en 22 ambulanse in ontvangs geneem.

Die munisipaliteit se nooddienste-departement het in die 2011-’12-boekjaar begin met ’n kapitale projek wat alle ou watertenkers en brandweerwaens wil vervang.

Die nuwe voertuie is teen R29,5 miljoen aangekoop. Die brandweerwaens sal in al sewe diensleweringstreke ingespan word en die watertenkers meestal in landelike gebiede.

Terence Mashego, Tshwane-burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die metro wil met die nuwe ambulanse reaksietye verbeter. “Daar is geen rede waarom ons in koerante moet beland oor mense wat vergeefs op ambulanse gewag het nie.”