30 Julie 02:05
10°C / 13°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


13°C / 10°C

Wind 28km/h


Reënval 25mm


Humiditeit 71%

Vrydag


13°C / 10°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


15°C / 9°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 53%

Sondag


18°C / 11°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 48%

Maandag


18°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 57%

Dinsdag


14°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 8mm


Humiditeit 92%

Nuus

Tweeling in ruimte, op aarde bestudeer

Vrydag 16 Augustus 2013 02:10

Nasa se tweeling-ruimtevaarders, kapteins Scott en Mark Kelly.Foto: BLOGS.MILITARYTIMES.COM

Cape Canaveral (Florida). – Nasa se identiese tweeling-ruimtevaarders gaan as proefkonyne dien in studies om lang ruimtereise se genetiese impak te ondersoek.

Kapt. Mark Kelly, bevelvoerder van vier pendeltuigsendings en eggenoot van die voormalige Amerikaanse kongreslid Gabrielle Giffords, sal die aardse proefkonyn wees wanneer sy broer, kapt. Scott Kelly, oor 18 maande met ’n jaar lange sending op die Internasionale Ruimtestasie (ISS) begin.

Scott Kelly sal in Maart 2015 met sy sending op die ISS begin.

Toetse sal op albei gedoen word terwyl die een op aarde en die ander een in die ruimte is. Wetenskaplikes wil vasstel of daar genetiese verskille tussen die broers sal wees as die een in die ruimte en die ander een op aarde is.

Scott Kelly se beplande tyd op die ISS is die langste ruimtebesoek wat ’n Nasa-ruimtevaarder nog aangepak het.

“Dit is ons eerste poging om die genetiese aspekte van ruimtevlugte beter te verstaan,” het John Charles, hoofwetenskaplike van Nasa se menslike navorsingsprogram in die Johnson-ruimtesentrum in Houston, gesê. “Dit gaan meestal ’n waarnemingstudie wees om te kyk wat ons kan uitvind.”

Mark Kelly, wat in Arizona woon, sal tydens sy broer se ruimtebesoek verskeie kere na Houston reis sodat toetse gelyktydig op hom en sy broer uitgevoer kan word.

Scott Kelly het al twee pendeltuigsendings op sy kerfstok en was die bevelvoerder van een. – Reuters