Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Woensdag


26°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuus

Wapens afgevat by Marikana-herdenking

Deur sapa Vrydag 16 Augustus 2013 4:06 nm.
JOHANNESBURG. – Die polisie het op ongeveer 100 tradisionele wapens beslag gelê terwyl hulle mense deursoek het wat onderweg was na Wonderkop vir die herdenking van die Marikana-tragedie. 
Lonmin-mynwerkers het Vrydag in hul duisende opgeruk en onderneem om die stryd van hul gesneuwelde kollegas voort te sit. 
Die mynwerkers het verlede jaar op die koppie by Marikana aan die hand van die polisie gesterf toe hulle aan n onwettige staking deelgeneem het. 
In een van die eerste toesprake tydens die geleentheid het Joe Seokadie president van die Suid-Afrikaanse raad van kerke, sowel die mynwerkers as weduwees en weeskinders die versekering gegee dat godsdiensleiers hulle sal bystaan om n beter lewenspeil te bekom.
Intussen kritiseer politieke opposisiepartye die regering en die ANC omdat hulle nie die eerste herdenking van die Marikana-tragedie bygewoon het nie.
Die ANC sê hy boikot die byeenkoms omdat hy nie die Marikana-ondersteuningsgroep erken nie. 
Van die leiers wat vir die herdenking opgedaag het, sluit in Mamphela Ramphele, Mangosuthu Buthelezi, Zanele Magwaza-Msibi, Mosiuoa Lekota en Bantu Holomisa.