05 Julie 21:22
11°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 11°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 72%

Dinsdag


19°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 71%

Woensdag


15°C / 13°C

Wind 19km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 85%

Donderdag


16°C / 12°C

Wind 18km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 82%

Vrydag


16°C / 13°C

Wind 9km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 80%

Saterdag


16°C / 13°C

Wind 27km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 90%

Nuus

Zuma, Motlanthe se vakansie kos belastingbetaler R2,6 milj.

Vrydag 16 Augustus 2013 09:09

Pres. Jacob Zuma en sy adjunk Kgalema Motlanthe. Foto: Argief

JOHANNESBURG. – Pres. Jacob Zuma se onlangse blaaskans op ’n Mosambiekse eiland en dié van sy adjunk, Kgalema Motlanthe, op ’n eiland in die Seychelle het die belastingbetaler R2,6 miljoen gekos.
’n Falcon 900 en twee Oryx-helikopters het 36 vlugte onderneem om Zuma op Bazaruto en terug te kry, berig Beeld.
Die ministerie van verdediging het Donderdag dié antwoorde verskaf op skriftelike vrae deur David Maynier, DA-LP.
Zuma het vroeër vanjaar op Bazaruto uitgespan nadat sy dokters aanbeveel het dat hy moet gaan rus.