Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 25.8mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 2.7mm


Humiditeit 74%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


30°C / 18°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Vagina, ’n gil en ’n lag wat tart

Deur Lourensa Eckard Maandag 26 Augustus 2013 11:10 nm.

Die kunstenaar Reshma Chhiba se installasie van ’n reuse-vagina waardeur mense kan stap. Foto: Nelius Rademan

’n Simbool van mag, krag en opstand.

Dit is wat die reuse-inloop-vagina wat tans op Konstitusieheuwel in Johannesburg te sien is vir die kunstenaar Reshma Chhiba voorstel.

Dit het sewe dae geduur om dié vagina te bou wat hoofsaaklik uit lap en wol bestaan. Dit is deel van die uitstalling “The Two Talking Yonis” by die ou vrouegevangenis op Konstitusieheuwel.

“Yoni” is die Hindi-woord vir “vulva”.

“Mense wat ongemaklik voel daaroor is gewoonlik in ’n patriargale samelewing grootgemaak. Hoekom moet ’n vagina iets wees waarvoor mense gril of voor skaam kry?” het Chhiba gesê.

Mans is nie ongemaklik oor hul penisse nie, maar vroue is soms oor hul vaginas, het Chhiba gesê.

Voordat jy die reuse-vagina, wat sowat 12 m lank is, mag instap, word jy gevra om jou skoene uit te trek.

“Die vagina is heilig en deur jou skoene uit te trek, toon jy die nodige respek,” het Chhiba gesê.

Aan die einde van die tonnel is ’n selfportret van Chhiba wat haar tong uitsteek en as die Hindoe-godin Kali, die godin van verwoesting, uitgebeeld word.

Vir baie Hindoes verteenwoordig Kali net dood en verwoesting, maar vir Chhiba verteenwoordig hierdie godin vroulikheid in sy natuurlikste vorm.

Dan en wan kan ’n gil gehoor word, gevolg deur ’n tartende lag.

“Kali het voordat sy oorlog toe is altyd gegil. Dit was ’n gil wat die aarde geskud het. Daarna het sy gelag om haar vyande te tart.”

Chhiba het gesê die Hindoe- gemeenskap het haar werk erg gekritiseer.

“Daar is aan my gesê ek laster deur die vagina te gebruik en dit aan geloof te koppel. Ek probeer kommentaar lewer op patriargie sodat vroue hulself kan bemagtig. Dit is nie lasterlik nie.”

Mans wat deur die vagina-installasie loop, voel dalk veral ongemaklik en magteloos, het Chhiba gesê.

“Sodra jy in die vagina-installasie is, kan jy nêrens heen gaan nie. Ek hoop dit kan dialoog oor stereotipes van geslag, seksualiteit en geslagsrolle aan die gang kry.”