Kaapstad Verander Area

Vandag


20°C / 14°C

Wind 26km/h


Reënval 2.0mm


Humiditeit 67%

Woensdag


21°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


23°C / 14°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Vrydag


23°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


28°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Nuus

Dit sneeu op Tafelberg

Water waar jy kyk

Nóg erge koue op pad

Deur Malherbe Nienaber Vrydag 30 Augustus 2013 4:22 vm.

KAAPSTAD. – Die week se swaar reën het gister sy tol op Kaapse paaie geëis en vandag lê moontlike donderbuie en erge koue voor.

Behalwe dat dit nóg gaan reën en waarskynlik op die hoë pieke gaan sneeu, styg die kwik op min plekke in die provinsie vandag bo 13 °C. Die son maak eers Sondag net ’n vinnige gasverskyning voordat die reën Maandag voortduur.

Die grond is reeds deurnat en reënwater het van talle paaie riviere gemaak.

Die N2 in die rigting van die stad by Baden Powellweg en die oprit na Spineweg is gister weens oorstroming gesluit. Die N2 by Baden Powellweg is 'n rukkie gelede weer oopgestel vir verkeer. 

Richard Coleman, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdiens, het gesê die stuk pad kan tot ná vanoggend se spitsverkeer gesluit bly.

Die Chapmanspiek-pad is ook gesluit en Coleman het gesê dit is nog onbekend wanneer dit weer oopgestel sal word.

Die verkeer is na Old Faureweg herlei.

Die Franschhoekpas is ook toe weens rotsstortings en sal na verwagting Maandag vir verkeer oopgestel word, berig Malani Venter.

Die treinspore tussen Vlottenburg en Lynedoch was onder water en ’n pendelbus was tussen dié stasies beskikbaar.

Die treine sal na verwagting vanoggend weer loop.

Motoriste moes ook van alternatiewe roetes gebruik maak nadat die Vlottenburgpad en die R310 buite Stellenbosch gesluit is toe ’n plaasdam in die omgewing oorgeloop het.

Oorstromings het ook veroorsaak dat die Primêre Skool Vlottenburg om 09:30 gesluit is en pasiënte van die Mediclinic Vergelegen op Somerset-Wes ontruim is.

Die lyk van ’n hawelose man (53) is gisteroggend vroeg uit ’n grot in Houtbaai gehaal nadat die grot se dak glo ingestort het weens die nat grond. Richard Roberts berig die omstandighede rondom die man se dood word ondersoek.

’n Tweede hawelose man van Kuilsrivier is Woensdag in die Tygerberg-hospitaal dood, berig Maygene de Wee. Hy en nóg ’n hawelose man is dood nadat hulle buite winkels in Van Riebeeckweg geslaap het.

Die nooddienste het lae liggaamstemperature by albei mans gemeet, maar die oorsaak van die sterftes moet nog bepaal word.

Rian Smit, weervoorspeller by die Kaapse weerkantoor, het gesê nog reënbuie word vir vandag voorspel en moontlike donderbuie word in die Suid-Kaap, Boland en Overberg verwag.

Volgens Smit word enkele reënbuie en bewolkte weer vir môre verwag en sal dit Sondag so voortduur.

“Nog ’n frontale stelsel sal die Kaap na verwagting Maandagaand tref,” het hy gesê.

Sneeu het vanoggend vroeg op Tafelberg begin val.  

Die Bergrivier se vlakke het intussen “noemenswaardig” gesak, het Janine Bauer van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit gesê.

Die rivier het glo gesak tot op ’n vlak waar dit binne sy banke bly.

“Ons is in kennis gestel dat die vloedwater ons gebied verlaat het en na die Laer-Bergrivier beweeg,” het Bauer bygevoeg.

.