Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Maandag


31°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 29%

Dinsdag


29°C / 19°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Woensdag


26°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Donderdag


26°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Vrydag


29°C / 18°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Nuus

Gautengse bloulig-verdagte se turf sit

Deur Pauli van Wyk Saterdag 31 Augustus 2013 00:08

Ashley Vermaak

’n Vermeende boef wat homself as ’n polisieman voorgedoen het en met verskeie misdade in Gauteng verbind word, is aan die OosRand aangekeer.

Ashley Vermaak (26), wat saam met sy ma in ’n kamer in ’n huurhuis aan die OosRand woon, het gister in die Randburgse landdroshof verskyn nadat hy Woensdag om 03:20 in Elsburg, Germiston, vasgetrek is.

Beeld verneem Vermaak word voorlopig met drie voorvalle in Douglasdale in Johannesburg, twee in Edenvale en een in Brackendowns in Alberton verbind.

In polisieklere en saam met vier makkers het Vermaak op 4 Augustus by die Indaba-hotel in Fourways ingestap, die gaste met vuurwapens aangehou en met R1 400 kontant, tablet-rekenaars en selfone ter waarde van R30 000 gevlug, het ao. Balan Muthan, polisiewoordvoerder, gister gesê.

Die groep het ’n swart Volvo gery.

Vermaak word ook verbind met ’n voorval tien dae later in Edenvale waar ’n vrou se motor van die pad gedwing is deur ’n swart Golf.

Sy is aangerand en beroof en beweer haar aanvallers het koeëlvaste baadjies en vuurwapens gedra en in ’n gemerkte polisiemotor met sirenes gery – ’n metode wat blykbaar deurgaans gebruik word in misdade waarmee die polisie Vermaak verbind.

In dieselfde maand wat die polisie Vermaak op kringtelevisie kon uitken, is hy aangekeer.

“Speurders van Tembisa het Vermaak gearresteer nadat die Douglasdale-polisie sy besonderhede rondgestuur het,” het Muthan gesê.

Die polisie volg inligting op om Vermaak se makkers aan te keer.

Indien enigiemand Vermaak herken of verdere inligting het, skakel kol. Emil Louw by 082 778 7906 of brig. Neville Malila by 082 411 4030.