01 Julie 06:49
12°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 12°C

Wind 26km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 75%

Donderdag


16°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 76%

Vrydag


17°C / 10°C

Wind 8km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 74%

Saterdag


16°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 83%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Maandag


17°C / 12°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 74%

Nuus

ANN7 'pro-ANC'

Deur sapa Sondag 01 September 2013 10:54

Pres. Jacob Zuma

JOHANNESBURG. – Die voormalige raadgewende redakteur van ANN7 beweer dat die kanaal pres. Jacob Zuma die versekering gegee het dat die nuusstasie ten gunste van die ANC sou wees.

“Meneer Atul Gupta het baie op redaksionele vlak ingemeng,” het Rajesh Sundaram aan Rapport en City Press gesê.

“Die beleid was om die ANC en Zuma te ondersteun... Ek is drie keer na die president geneem waar die Guptas hom die versekering gegee het dat die kanaal pro-ANC gaan wees.”

Sundaram, wat vroeër vandeesweek bedank het, sê die kanaal se base het die president onder meer by sy ampswoning besoek, waar die staatshoof redaksionele aanbevelings gemaak het.

Sundaram beweer hy het uit die TV-ateljees gevlug, waarna die gewapende lyfwag van Atul Gupta hom na bewering agternagesit het.

Hy woon nou in ’n hotel en sê hy lewe in vrees, en het hom die naweek tot die media gewend.

Nazeem Howa, uitvoerende groephoof van ANN7, het aan City Press en Rapport gesê: “Sundaram maak verskeie vreemde bewerings wat nie kommentaar regverdig nie.”