02 Julie 23:28
11°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 11°C

Wind 15km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 79%

Saterdag


16°C / 11°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 19km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 83%

Maandag


15°C / 11°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 86%

Dinsdag


16°C / 13°C

Wind 33km/h


Reënval 3mm


Humiditeit 78%

Woensdag


16°C / 12°C

Wind 21km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 89%

Nuus

Indië ontstoke oor ligte vonnis vir verkragter

Deur sapa-afp Sondag 01 September 2013 12:10

NIEU-DELHI. - Indiese koerante en politici eis nou strawwer vonnisse vir minderjariges wat hulle aan misdade skuldig maak.

Dit volg nadat ‘n beskuldigde in die Nieu-Delhi-verkragtingsaak tot drie jaar detensie gevonnis is.

Ses mense, waaronder ‘n 17-jarige seun, word van moord en verkragting aangekla nadat ‘n 23-jarige student einde verlede jaar op ‘n bewegende bus in Nieu-Delhi om die beurt verkrag is.

Die veroordeelde tiener sal nou sowat 28 maande in ‘n sentrum vir miderjarige oortreders deurbring, nadat hy reeds sowat agt maande in aanhouding was.

“Hy kan TV kyk en speletjies speel terwyl hy sy vonnis uitdien,” het die Hindustan Times berig.

Volgens die koerant het polisiebronne vroeër aangedui dat die tiener die “mees brutale” een onder die ses aanvallers was.

“Amper almal sal saamstem dat daar iets verkeerd is met ‘n stelsel wat iemand wat ‘n meisie verkrag het... toelaat om ná slegs drie jaar vry te loop omdat hy ‘n ‘minderjarige’ was,” het ‘n berig in Times of India gelui.