30 Julie 16:10
11°C / 13°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


13°C / 11°C

Wind 15km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


16°C / 10°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 59%

Sondag


18°C / 11°C

Wind 8km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 55%

Maandag


19°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 54%

Dinsdag


15°C / 12°C

Wind 39km/h


Reënval 13mm


Humiditeit 87%

Woensdag


16°C / 12°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Nuus

Malema se huisbieër platsak

Sondag 01 September 2013 14:30

PRETORIA. - Die man wat Julius Malema se huis in Sandown, Johannesburg, gekoop het, het sy deposito van R1 miljoen verbeur omdat hy nie die oorblywende R5,9 miljoen kon betaal nie.

Die Sunday Independent berig dat die koper, Norman Tloubatla, die bod op die onvoltooide huis moes gekanselleer.

Dit is dieselfde man wat in verband met beweerde belastingbedrog deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ondersoek kan word.

‘n Woordvoerder van die SAID, Adrian Lackay, het bevestig dat die bod op die eiendom gekanselleer is, en dat die huis later vanjaar weer op ‘n veiling te koop sal wees.

Malema het die SAID R16 miljoen aan belasting geskuld en verskeie van sy bates is reeds opgeveil.