Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 17°C

Wind 25km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 76%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 39km/h


Reënval 7.5mm


Humiditeit 76%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 24km/h


Reënval 4.6mm


Humiditeit 65%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Nuus

Valke kry straks nuwe hoof

Deur sapa, sunday times Sondag 01 September 2013 1:47 nm.

PRETORIA. - Daar is sprake dat lt.genl. Mzwandile Petros die nuwe hoof van die polisie se elite ondersoekeenheid, die Valke, gaan wees.

Die Sunday Times berig dit volg nadat die huidige hoof, Anwa Dramat, se pos verlede week as vakant geadverteer is.

Petros is Gauteng se voormalige polisiekommissaris, wat die naweek deur lt.genl. Bethuel Zuma vervang is.

Zuma se aanstelling is egter teruggetrek nadat dit bekend geword het dat strafregterlike klagte teen hom ondersoek word.

Hy is nie familie van pres. Jacob Zuma nie.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, afdelingskommissaris vir sigbare polisiëring, sal tot verdere kennisgewing as waarnemende provinsiale polisiekommissaris dien.