01 Julie 21:14
12°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 76%

Vrydag


16°C / 11°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 74%

Saterdag


15°C / 11°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 80%

Sondag


15°C / 13°C

Wind 23km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Maandag


16°C / 12°C

Wind 27km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Dinsdag


18°C / 11°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 71%

Nuus

Aanstelling van Gautengse polisiehoof teruggetrek

Maandag 02 September 2013 08:53

JOHANNESBURG. – Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gesê hy is tevrede met genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, se besluit om die aanstelling van Bethuel Zuma terug te trek.

Zuma is as Gauteng se nuwe provinsiale polisiehoof aangestel.

Phiyega het Saterdag sy aanstelling teruggetrek nadat dit aan die lig gekom het dat hy deur strafregtelike aanklagte in die gesig gestaar word en later vandeesmaand in die hof sal verskyn, berig Eyewitness News.

Zuma is volgens berigte in September 2008 in hegtenis geneem vir dronkbestuur, dat hy versuim het om by 'n padblokkade stil te hou en geweier het dat verkeersbeamptes sy bloedalkoholvlak toets. 

Hy het kort ná sy inhegtenisneming in die hof verskyn en sedertdien is die saak al verskeie kere teruggetrek en heringestel. 

Mthethwa het gesê volgens die polisie het Zuma nie 'n misdaadgeskiedenis nie en was dit sy verantwoordelikheid om die inligting oor sy hofverskyning bekend te maak. 

Phiyega hou vol die aanklagte is eers ná Zuma se aanstelling onder haar aandag gebring.