Kaapstad Verander Area

Vandag


30°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 40km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 63%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 66%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Sondag


24°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Nuus

Saak uitgestel tot Oktober

Baba aangerand: Ouers beken skuld

Deur riata nel Maandag 02 September 2013 12:22 nm.

Trevor Viljoen en Ahsley Jordaan. Foto: Lucky Maibi

Ashley Jordaan (20) en Trevor Viljoen (20) het Maandagoggend in die Vanderbijlpark-streekhof skuld beken op die aanklagte van die ernstige aanranding van hul elf maande oue babaseun.

Hulle het skuld gepleit op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Dit kom nadat Ethan in 2011 oorlede is. 

Hoewel die oorsaak van sy dood toegeskryf is aan 'n aangebore hartafwyking, is daar in die nadoodse ondersoek gevind dat hy beserings opgedoen het weens aanranding. 

Sy ma het 'n waslap in die baba se mond gedruk wanneer hy gehuil het.

Sy pa het hom op drie geleenthede in die gesig of op die kop geslaan.

Die saak teen hulle is uitgestel tot Oktober vir 'n proefbeampte-verslag. Die paartjie se borgtogvoorwaardes is verleng.

Die staat gaan getuies roep om verswarende omstandighede te bewys.