Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


30°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 3.4mm


Humiditeit 65%

Donderdag


22°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 5.0mm


Humiditeit 66%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Nuus

Bloulig-saak: Thomas se skade ‘permanent’

Deur Jody Nel Maandag 02 September 2013 11:48 nm.

Sers. Joseph Semitjie kom gistermiddag uit die Krugersdorpse landdroshof. Foto: Cornél van Heerden

Thomas Ferreira het waarskynlik permanente breinskade opgedoen in die bloulig-ongeluk waarin hy beseer is.

So het dr. Izak Bezuidenhout, Thomas se neurochirurg, gister in die Krugersdorpse landdroshof getuig.

Sers. Joseph Semitjie van die polisie staan in dié hof tereg op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes op ’n ongelukstoneel te verleen en dat hy beserings veroorsaak het.

Die ongeluk het op 5 November 2011 by ’n kruising op die R28-roete gebeur.

Semitjie het glo in ’n wit BMW X5 – die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, destyds Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising – links van die geel streep in Paardekraalweg gery en toe ’n rooi verkeerslig verontagsaam.

Thomas, wat in Windsorweg gery het, het op sy motorfiets in die middel van die kruising in die BMW vasgeploeg.

Bezuidenhout het gesê Thomas het ná die ongeluk ’n punt van 7 uit 15 op die Glasgow-komaskaal gehad. Dié skaal meet komapasiënte se oog-, verbale en motorresponse.

’n Punt van drie beteken die pasiënt is breindood.

“As ’n pasiënt met ’n ernstige kopbesering se punt op die Glasgow-komaskaal onder agt is, verwag ons om aansienlike permanente skade aan die brein te sien,” het Bezuidenhout gesê.

Hoofsupt. Jacobus Keet van die Mogale City-verkeersdepartement wat ongelukke ondersoek en rekonstrueer, het getuig Thomas het geen skuld aan die ongeluk nie.

Volgens Keet sou dit vir enigiemand moeilik gewees het om die BMW se blou ligte van die kant – waarvandaan Thomas gekom het – te sien.

Keet het gesê Thomas het binne 0,64 sek. van die stoplyn tot die plek van impak gery.

“As voertuig A (die BMW) in die linkerbaan was, sou voertuig B (Thomas se motorfiets) agter en verby dit gery het en sou die ongeluk nooit gebeur het nie.”

Keet het bevind Semitjie het vinniger as 42 km/h gery toe die ongeluk gebeur het.

Moses Rankoa, Semitjie se prokureur, het gesê sy kliënt sal getuig hy het 20 km/h gery.

“As hy teen daardie spoed gery het, sou hy ’n langer reaksietyd gehad het en kon hy sonder ’n botsing tot stilstand gekom het,” het Keet gesê.

Die verrigtinge gaan vandag voort.