Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 6.4mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Nuus

Hofsaak hervat vandag

Griekwastad: 'n Samevatting tot nou

Deur charne kemp Maandag 02 September 2013 7:11 vm.

Op Goeie Vrydag, 6 April 2012, is die Paasnaweek versplinter toe ’n Noord-Kaapse boer, Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en dogter Marthella (14), in hul plaashuis op Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet is. Die enigste oorlewende van die treurspel was die egpaar se seun, die 15-jarige Don.

DIE raaiselagtige Steenkamp-moorde is vandeesweek weer in die kollig met die moordverhoor wat vandag in die Kimberleyse Hooggeregshof hervat word.

Op Goeie Vrydag, 6 April 2012 is ’n Noord-Kaapse boer, Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en dogter Marthella (14), in hul plaashuis op Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet. Die enigste oorlewende van die treurspel is die egpaar se seun, die 15-jarige Don.

Deon Steenkamp was 'n suksesvolle en vermoënde boer en hy en sy kinders was ook nasionale pensteekruiters. Christel Steenkamp was ’n ywerige sakevrou wat pas haar eie tuisnywerheid, Scrumptilicious, gestig het.

Sy het haar laaste SMS om 18:34 gestuur. Deon en Marthella het na die TV-program Vetkoekpaleis gekyk. Omstreeks 18:47 het ’n minderjarige seun die moorde by die plaaslike polisiekantoor aangemeld. Die seun, wat na bewering in die skuur was, het twee wapens, ’n .357-rewolwer en ’n .22 geweer by die plaashek opgetel, waarna hy dorp toe gery het. Hy het glo bloed op sy lyf en krapmerke aan sy keel gehad.

Die plaaslike polisie het Deon se lyk op sy maag by die eetkamertafel gekry. Hy het verskeie koeëlwonde gehad, daar was sleepmerke op die vloer regs van sy kop, en patroondoppies om sy lyk. Marthella en haar ma het langs mekaar in teenoorgestelde rigtings gelê. Marthella, wat vier keer geskiet is, se groen hemp en donker kortbroek was met bloed deurdrenk. Haar ma het op haar maag by die rekenaar gelê. Om hulle het nog patroondoppies, sandale en selfone gelê. Gelaaide gewere en kontant is in die oop kluis gevind. Daar was geen tekens van inbraak of vermiste goedere nie. Die seun se bebloede geskeurde T-hemp is in 'n kamer gevind.

’n Week na die tragedie het Volksblad berig dat ’n minderjarige seun verdink word. Hy is in Mei deur die ondersoekbeampte, kol. Dick de Waal, ingelig dat hy die hoofverdagte is.

Op 21 Augustus 2012 is die minderjarige seun by sy skool in Bloemfontein in hegtenis geneem. Hy het daarna op Griekwastad in die landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord. Die seun is op borgtog van R5000 vrygelaat. Die staat se appèl hierteen het misluk. Die seun se skoolbeheerliggaam het intussen besluit dat hy eerder tuisonderrig moet ontvang.

'n Familievriend is intussen as die tienerseun se voog aangestel.

Op 11 Maart 2013 het die verhoor in die hooggeregshof in Kimberley begin. Die seun het skuld ontken op drie aanklagte van moord, die verkragting van Marthella en regsverydeling. In die eerste twee weke is getuienis van die eerste polisiemanne op die toneel, inwoners  en familielede aangehoor. Ao. André McAnda, die misdaadtoneelondersoekspan se bevelvoerder, het getuig hoe hy bewyse versamel het. Kol. de Waal het  getuig het oor sy ondersoek en emosionele wroeging oor ’n 15-jarige  verdagte.

Adv. Hannes Cloete, vir die staat, het meer as 90 getuies wat hy moontlik kan roep. Die verdediging (Stoffel de Jager en advv. Willem Coetzee en Sharon Erasmus), voer aan dat daar moontlik ander mense op die toneel was.

Die Noord-Kaapse regterpresident, Frans Kgomo, sit op die bank.