Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Jaagduiwels vasgetrek wat meer as 200 km/h ry

Maandag 02 September 2013 8:47 vm.

JOHANNESBURG. – Drie motoriste en 'n motorfietsryfer is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle op die N12 naby die Voortrekker-afrit gejaag het, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.

Die pad het 'n spoedperk van 120 km/h.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder, het in 'n verklaring gesê 'n man is in 'n BMW M3 gevang nadat hy teen 208 km/h gejaag het. 

Dié man het beweer daar was 'n rooftog by sy onderneming in Primrose. Hy is na die onderneming vergesel en daar is vasgestel dat hy gejok het, het Kgasago gesê. 

"Hy is in hegtenis geneem en aangekla van roekelose en nalatige bestuur." 

'n 24-jarige motorfietsryer is op dieselfde pad teen 204 km/h betrap. Hy het beweer hy is laat vir werk. 

Nog twee motoriste, wat onderskeidelik teen 164 km/h en 169 km/h betrap is, is ook in hegtenis geneem. 

Die motoriste sal binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.