05 September 18:17
15°C / 21°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


21°C / 15°C

Wind 9km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 60%

Sondag


21°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 59%

Maandag


15°C / 13°C

Wind 15km/h


Reënval 8mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


15°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Woensdag


15°C / 11°C

Wind 20km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Donderdag


13°C / 10°C

Wind 47km/h


Reënval 7mm


Humiditeit 76%

Nuus

Kaper van VSA-vliegtuig neem sy eie lewe

Deur sapa-afp Maandag 02 September 2013 17:50

ZAGREB. - 'n Kroatiese nasionalis wat in 1976 'n vliegtuig in die VSA gekaap het, het sy eie lewe geneem vyf jaar nadat hy na sy geboorteland teruggekeer het.

Zwonko Boesic (67) het homself Sondag by sy huis in Rowanjska, naby die kusdorp Zadar, geskiet, het 'n polisiewoordvoerder aan AFP gesê.

Boesic het in 2008 na Kroasië teruggekeer nadat hy 32 jaar van sy lewenslange vonnis in die VSA uitgedien het en op parool vrygelaat is.

Die polisiewoordvoerder kon nie sê waarom hy sy eie lewe geneem het nie.

Busic en nog vier nasionaliste, waaronder sy vrou, het eers 'n bom in 'n toesluitkas by New York se Grand Central-treinstasie geplant voordat hulle die vliegtuig gekaap het.

Die TWA-vliegtuig was vanaf New York na Chicago onderweg met 76 passasiers aan boord.

Boesic-hulle wou die aandag vestig op wat die groep beskou het as die Joego-Slawiese kommunistiese regering se onderdrukking van pro-onafhanklike Kroate.

Hulle het die vlieëniers gedwing om na Montreal in Kanada te vlieg en toe na Londen en Parys, waar die polisie hulle eindelik oorreed het om oor te gee.

'n Polisiebeampte het in New York gesterf terwyl hy probeer het om die bom by die Grand Central-stasie te ontlont.

Boesic word in sy tuisland as 'n held beskou in Kroasië se stryd om van Joego-Slawië af te stig, terwyl ander hom as 'n terroris sien.