Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 13°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


23°C / 12°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Donderdag


27°C / 13°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Vrydag


30°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 26%

Saterdag


22°C / 13°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Sondag


24°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Nuus

Man vas oor moord op meisie (9)

Deur sapa Maandag 02 September 2013 06:38

JOHANNESBURG. – 'n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n  negejarige meisie in Knysna, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.

Kapt. Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, het gesê die 32-jarige man is Saterdagaand in hegtenis geneem, kort nadat die kind se lyk gevind is.

"Die oorledene het Saterdagoggend omstreeks 10:00 met haar vriende gespeel toe die verdagte hulle genader het.

"Hy het aangebied om saam met haar deur die bosse na 'n nabygeleë winkel te stap om 'n pakkie skyfies te koop. Die verdagte het later alleen teruggekeer."

Die kind is die middag as vermis aangemeld.

Die polisie en inwoners het na haar begin soek en haar lyk is kort voor 21:00 gevind.

"Sy het 'n oop wond aan haar nek gehad."

Die polisie ondersoek ook die moontlikheid of die kind verkrag is.

Die man is in hegtenis geneem en aangekla van moord. Hy sal binnekort in die Knysna-landdroshof verskyn.