Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


26°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Nuusflitse
Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

’n Nasie wat nie lees nie

‘Onderwys ly daaronder’

Deur Leané Meiring Maandag 02 September 2013 11:54 nm.

Suid-Afrikaners lees nie boeke nie.

Net sowat 14% van hulle lees boeke en net 1% van hulle sal betaal vir ’n boek om te lees.

Dit is van die skokkende statistieke waarmee die Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad die nasionale boekeweek gister begin het.

Dit duur tot Saterdag.

“Die skokkendste syfer wat ons het, is dat net 5% van ouers vir hul kinders lees. Dit beteken dat die meeste kinders nie grootword met ’n liefde vir lees nie,” het Elitha van der Sandt, hoof van die raad, in Johannesburg gesê.

Tebogo Ditshego, voorsitter van die leesstigting van Suid-Afrika (Rasa), het aan studente by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gesê Suid-Afrika is ’n nasie wat nié lees nie.

“Kinders wie se ouers nie lees nie, gaan heel moontlik ook nie lees nie.”

Ditshego het gesê die lae gehalte van Suid-Afrika se onderwysstelsel kan grotendeels toegeskryf word aan die kwynende leeskultuur.

Die gehalte van die land se onderrigstelsel is in die skamele 133ste plek uit 142 lande in die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jongste verslag oor finansiële ontwikkeling.

’n Afname in boekverkope die afgelope drie jaar strook met die idee dat Suid-Afrikaners ál minder lees.

Steve Connolly, besturende direkteur van Random House Struik-uitgewers, het gesê verkope in die bedryf (akademiese en skoolboeke uitgesluit) het die afgelope drie jaar gedaal.

In 2012 het verkope R1,58 miljard beloop en in 2011 R1,59 miljard in vergelyking met sowat R1,62 miljard in 2010.

“Ons reken 2012 se verkope sou 3% slegter gewees het as dit nie was vir die Fifty Shades of Grey-reeks nie.”

Hy het gesê die afname in die leeskultuur het die hele bedryf verander. “Jy hoef baie minder boeke te verkoop om van die boek ’n topverkoper te maak.”

Daar word tans drie keer meer boeke gedruk as vroeër ondanks die feit dat meer boeke nie verkoop word nie.

Hy het gesê boeke is ’n duur uitgawe vir die meeste Suid-Afrikaners. Hy voorspel dat boekverkope nie binnekort sal toeneem nie.

“Die rand is swak. Boeke is ’n luukse. Mense is afhanklik van biblioteke wat nie toegerus word nie.”

• Die DA het verlede week in ’n verklaring uitgevaar teen die Gautengse regering omdat hy slegs 1% van die sowat R63 miljoen wat begroot is vir biblioteke in die eerste kwartaal gebruik het.

“Daar is geen verskoning vir sulke nalatigheid nie. Arm mense kan nie boeke bekostig nie.

“Hulle is desperaat vir goeie biblioteke in hul gemeenskappe,” het Mike Moriarty, DA-voorsitter in Gauteng, gesê.

Die Gautengse departement van finansies en die departement van sport, kuns en kultuur het teen druktyd nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.