07 Julie 19:34
13°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 86%

Donderdag


16°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Vrydag


17°C / 13°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Saterdag


15°C / 13°C

Wind 33km/h


Reënval 12mm


Humiditeit 88%

Sondag


14°C / 11°C

Wind 31km/h


Reënval 6mm


Humiditeit 72%

Maandag


13°C / 9°C

Wind 24km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Nuus

Reuse-krokodil keer toeris op Australiese eiland vas

Deur sapa-afp Maandag 02 September 2013 11:58

SYDNEY. – ’n Toeris het ’n noue ontkoming gehad nadat hy twee weke lank op ’n afgeleë eiland aan die kus van Australië deur ’n 6 m lange krokodil vasgekeer was.

Die Nieu-Seelander, wat slegs as Ryan deur die plaaslike media geïdentifiseer is, is met ’n boot by Governor-eiland afgelaai, waarna hy van plan was om die 4 km na die vasteland op sy kano terug te roei.

Hy het aan Don Macleod, ’n plaaslike inwoner wat eindelik tot sy redding gekom het, gesê elke keer as hy van die eiland wou wegroei, het die krokodil hom bekruip.

Macleod het gesê hy weet van die reuse-krokodil wat ronddwaal op die eiland, wat geen varswaterbron het nie.

Volgens Macleod het hy die angstige man gehelp nadat hy Saterdagaand ’n lig op die eiland sien brand het en besluit het om ondersoek in te stel.

“Ek het oorgegaan en Ryan op die strand sien staan sonder sy hoed of hemp. Hy was verlig en baie dankbaar,” het Macleod gesê.

Volgens plaaslike mediaberigte is die Nieu-Seelander tans besig om op die vasteland aan te sterk ná sy beproewing.

Soutwaterkrokodille, wat tot 7 m lank kan word en meer as ’n ton weeg, is ’n algemene verskynsel in Australië se tropiese noorde.