Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

Thaise ongeluk eis 2, talle toeriste beseer

Deur sapa-dpa Maandag 02 September 2013 11:33 vm.

BANGKOK. - Twee mense is die naweek dood en nege toeriste het verskeie beserings opgedoen toe hul minibus teen ’n vragmotor gebots het. 

Twee Duitsers is onder die beseerdes. 

Siriporn Haemah, ’n werknemer van die Samdej Phrayuphraraj-hospitaal se waakeenheid, sê dié toeriste is in ‘n “kritieke toestand en het interne beserings en gebreekte bene opgedoen.”  

Die hospitaal is in Sa Keow geleë. Dié provinsie is 150 km oos van die Thaise hoofstad, Bangkok, geleë. 

Maj. Boonnak Trachoo van die provinsiale polisie sê die toeriste het die minibus in Aranyaprathet by die Kambodjaanse grens gehuur om hulle na Bangkok terug te neem nadat hulle die bekende tempelkompleks Angkor Wat besoek het.  

“Die bus het trompop teen ’n 18-wiel-vragmotor gebots wat in die aankomende verkeer beland het om ’n motor te vermy wat stadiger begin ry het om by ’n vulstasie in te draai,” het die polisiebeampte gesê. 

’n 54-jarige Taiwannese toeris en die bestuurder van die minibus het nie die ongeluk oorleef nie.  

Die ander passasiers – almal toeriste – is beseer. Sommige van hulle is reeds uit die hospitaal ontslaan.  

Vier Amerikaners, twee Duitsers, ’n Franse burger, ’n burger van Hongkong en nog ’n Taiwannees was ook in die minibus.