Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Maandag


32°C / 19°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 34%

Dinsdag


28°C / 15°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Woensdag


26°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


24°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Vrydag


28°C / 14°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Nuus

Dennis Rodman wéér in N-Korea

Deur sapa-afp Dinsdag 03 September 2013 08:05

BEIJING. - Die gewese Amerikaanse basketbal-ster Dennis Rodman is op pad na Noord-Korea om vir die tweede keer vanjaar sy vriend, dié land se kommunistiese leier, Kim Jong-Un, te besoek.

Rodman het bespiegelings dat die besoek daarop gemik is om te help met die vrylating van die Amerikaanse sendeling Kenneth Bae, egter op die agtergrond geskuif deur te sê  dat "niks belowe is nie".

Hy het Dinsdag kortliks met verslaggewers gepraat terwy hy op die lughawe in Beijing, China vir sy vlug na Pjongjang gewag het.

"Ek gaan na Noord-Korea om my vriend, Kim, te besoek," het hy gesê. "Dis 'n vriendskapsgebaar."

Rodman het Kim, 'n basketbal-ondersteuner, die eerste keer tydens 'n besoek in Februarie ontmoet.