Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 68.2mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 15km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 69%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Nuusflitse
Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Ma stop lap in sy mond

Pa klap baba in gesig, op kop

Deur Riata Nel Dinsdag 03 September 2013 12:12 vm.

’n Jong ma het gister in die Vanderbijlpark-streekhof erken dat sy ’n waslap in haar tien maande oue babaseun se mond gedruk het om hom stil te kry wanneer hy gehuil het.

Die baba is ook ongeveer drie keer deur sy jong pa in die gesig en op die kop geslaan.

Ashley Jordaan (20) en Trevor Viljoen (20) het gisteroggend skuld beken op aanklagte van die ernstige aanranding van hul seuntjie, Ethan, wat in 2012 dood is.

Die twee se prokureur, Francois de Kock, het gister namens hulle ’n verklaring in die hof voorgelees.

“Ons erken dat ons in ’n tydperk van 2011 af . . . Ethan Piet Viljoen (10 maande) wederregtelik en opsetlik aangerand het deur hom teen die kop en in die gesig te slaan en ’n waslap in sy mond te druk met die opset om hom ernstig te beseer, ook dat ons hom nie beskerm het wanneer ’n aanranding in die een of die ander se teenwoordigheid plaasgevind het nie,” het De Kock gelees.

Die paartjie het ’n ruk saamgebly, waarna Ethan op 27 Oktober 2011 gebore is.

Hy is op 2 Augustus 2012 dood weens ’n natuurlike oorsaak, ’n aangebore hartafwyking.

Hoewel sy dood toegeskryf is aan ’n aangebore hartafwyking, is daar tydens die lykskouing bevind dat hy beserings opgedoen het weens aanranding.

Luidens die verklaring het sy ouers gesê dat hy sieklik was en moeilik gewig aangesit het.

Weens sy siektetoestand was die kind baie knieserig en baie huilerig.

Albei het as gevolg van die omstandighede geïrriteerd geraak en per geleentheid het die een of die ander die kind aangerand.

Ashley het ’n waslap in die kind se mond gedruk om hom stil te maak.

Trevor het by ten minste drie geleenthede die kind op die kop of in die gesig geklap wanneer hy gehuil het.

Nie een het stappe gedoen om die kind te beskerm nie.

“Ons albei erken dat, ten tyde van die voorvalle, ons albei subjektiewelik die opset gevorm het om die kind ernstig aan te rand in ag genome die kind se ouderdom en sy weerloosheid.”

Die paartjie se eerste baba het ’n wiegiedood gesterf.

Die paartjie het gister kop onderstebo in die hof gesit en kort-kort na die fotograaf geloer.

“As jy my afneem, gaan jy k*k,” het Viljoen aan ’n fotograaf van ’n plaaslike koerant in die Vaaldriehoek gesê toe sy hulle afgeneem het.

Hy is daarna gewaarsku om die media nie te dreig nie.

Jordaan se ma, Lee-Ann, het gister gesê die hofsaak is baie sleg vir almal.

“Dit raak ’n duur storie,” het Viljoen se pa, Hans, gesê.

Albei is uit op R3 000-borgtog.

Die hofverrigtinge is uitgestel tot 15 Oktober vir ’n proefbeampteverslag. Die twee se borgtogvoorwaardes is verleng.

Die staat gaan getuies roep om verswarende omstandighede te bewys.