01 September 05:50
13°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 13°C

Wind 39km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 74%

Woensdag


17°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


19°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Vrydag


20°C / 13°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


21°C / 14°C

Wind 8km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 57%

Sondag


24°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 52%

Nuus

Reeks bring gehalte terug

Deur Lourensa Eckard Dinsdag 03 September 2013 00:02

Daar is weer ’n baie goeie Afrikaanse TV-reeks. Sommige reken selfs Donkerland is een van die grootste Afrikaanse reekse ooit.

Karen Meiring, hoof van kykNET, sê die kykertal vir dié nuwe reeks is baie hoog. Die vierde episode word vanaand uitgesaai.

“Ons mense hou van drama,” sê Meiring.

Die reeks speel af oor 158 jaar, van 1838 tot 1996.

“ ’n Drama is altyd ’n groot drywer van kykertalle, maar ek dink dit is te vroeg om te sê of hierdie reeks in dieselfde asem as Arende, Vyfster, Sonkring en Ballade vir ’n enkeling genoem kan word,” sê Meiring.

Akteurs soos Anna-Mart van der Merwe, Philip Moolman, George Ballot en Ian Roberts het bekendheid met dié reekse verwerf.

Die resensent Paul Boekkooi sê dié vlak van dramatiese inhoud was lank nie op TV te sien nie.

“Daar was in die destydse reekse dramatiese en verrassende wendings en dit was nie so voorspelbaar nie. Deesdae word daar soms kortpad geneem,” sê Boekkooi.

Gys de Villiers, wat in Donkerland speel en wie se pa, Dirk, die regisseur van Arende was, sê die historiese inhoud van Donkerland maak dit een van die beste Afrikaanse TV-reekse tot nog toe.

“Geskiedkundig kan jy dit een van die bestes noem,” sê De Villiers.

Waar Donkerland sukkel om by klassieke trefferreekse kers vas te hou, is dat dit moeilik is om ’n karakter se lewe daarin te volg omdat dit oor so ’n lang tydperk afspeel.

“In Arende, byvoorbeeld, kon jy vir Sloet Steenkamp (Ian Roberts) van die begin tot die einde volg en jy as ’n kyker kon sterk agter hom staan,” sê hy.

De Villiers sê Arende het die standaard vir Afrikaanse TV-reekse gestel en sal altyd sy gunsteling wees.

“Die akteurs, die rekwisiete en die inhoud is fantasties. Dis werklik die beste reeks ooit.”

Donkerland word Dinsdagaande op kykNET uitgesaai.