Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

Tukkie verjaag 4 wat aanval met Bybelvers

Deur Piet Matipa Dinsdag 03 September 2013 12:16 vm.

Jan Hendrik Jooste, 'n eerstestejaar-Tukkie, vertel hoe die booswigte verjaag is. Foto: Herman Verwey

“In die naam van Jesus Christus, gaan hier weg!”

Met dié woorde het Jan Hendrik Jooste (20), ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria (UP), vier booswigte verjaag wat hom en ’n vriendin, Soné Verster (19), aangeval het.

Jan Hendrik het gesê Psalm 50:15 het hom in dié tyd gehelp: “Roep My aan in die dag van benoudheid. Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

Jan Hendrik en Soné, albei argitektuurstudente, het Vrydagoggend ’n klasopdrag in ’n parkie langs Thabo Sehumestraat (voorheen Andriesstraat), in Pretoria, gaan uitvoer.

“Ons het juis in die Gautrein gery, want ons was bang iemand steel ons motors,” het Jan Hendrik gesê.

Hulle het heeldag foto’s in die parkie geneem en opmetings gedoen. Omstreeks 15:30, net voordat hulle klaargemaak het, het vier booswigte op hulle toegesak.

“Ons sal julle doodmaak,” het een messwaaiende boef hulle gedreig.

Jan Hendrik het die boef geskop en dié het hom gestamp. “Ek het geval en opgespring en hom met my notaboek op die nek geslaan.”

Intussen het die ander aanvallers Soné met ’n mes in die maag probeer steek. Sy het hulle afgeweer met haar notaboek en een met haar selfoon gegooi.

“Ek het besef ons gaan nie die geveg alleen wen nie. Hulle het messe gehad en ons net boeke,” het Jan Hendrik gesê.

Dit is toe dat hy skreeu: “In die naam van Jesus Christus, gaan hier weg!”

Die mans het gevlug. Die twee Tukkies het net skrape opgedoen.

Die twee het gesê ’n kerkgroep wat naby hulle in die parkie was, het niks gedoen om hulle te help toe hulle aangeval is nie.

’n Man en ’n vrou het in ’n wit bakkie stilgehou en die studente by die Gautrein-stasie gaan aflaai.

Jan, Jan Hendrik se pa, het gesê hy is dankbaar dié twee het sy seun en Soné gehelp. “Ek wil graag hê dié mense moet na vore kom. Ons wil hulle bedank.”

Sake van poging tot moord en gewapende roof is by die polisie aanhangig gemaak.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.