Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

‘Korrupsie kelder SA ekonomie’

Deur Marietjie Gericke Dinsdag 10 September 2013 7:43 nm.

SUID-AFRIKA is een van vier lande op die Afrika-vasteland – die ander drie is Nigerië, Kenia en Zimbabwe – waarin 74% van die kontinent se bedrog gepleeg word. Dit is luidens ’n onlangse verslag van die ouditeursfirma, KPMG.

Só het regter Faan Hancke, oudregter van die Vrystaatse hooggeregshof, Saterdag in Londen, Engeland, gesê waar hy een van die genooide sprekers van oor die wêreld heen was op die

Cambridge- internasionale simposium oor ekonomiese bedrog.

Die titel van sy voordrag was Hoe om korrupsie in die staatsdiens te bestry en daardeur ons ekonomieë teen bedrog en wanbesteding te beskerm.

Suid-Afrika se polisiemag word volgens die globale korrupsie-barometer as die 36ste mees korrupte beskou en 83% van Suid-Afrikaners glo ook die polisie is korrup. Die ondersoek vir die barometer is onder 114 000 mense in 107 lande gedoen.

“Die verdedigingsmagte is veral blootgestel aan korrupsie. Na raming dra die wapenbedryf tot 40% van korrupsie wêreldwyd by. Uit navorsing blyk dit 70% van lande beskik nie oor voldoende meganismes om korrupsie in die verdedigingsektor te bekamp nie en 90% van daardie lande bied onvoldoende beskerming aan ‘fluitjieblasers’.”

Wat sogenaamde “fluitjieblasers” betref, het hy gesê dit is ’n belangrike manier om korrupsie bloot te lê. Meer as 40% van alle korrupsie word só ontdek.

“Die beskerming vir fluitjieblasers is egter nie voldoende in Suid-Afrika nie.”

Hancke het gesê die departement van maatskaplike ontwikkeling in Suid-Afrika betaal jaarliks maatskaplike pensioene aan ongeveer vyf miljoen arm mense. “In dié stadium is daar 150 000 spook-pensioene van ongeveer R150 miljoen wat in die 2013-geldjaar uitbetaal is.”

Hy het gesê regeringsamptenare pleeg die meeste korrupsie (18%), gevolg deur sakelui (15%) en werknemers (14%).

Luidens die KPMG-verslag wat hy voorgehou het, kom die meeste korrupsie in staatsdepartemente (38%) voor.

Hancke het gesê in Suid-Afrika maak korrupsie 5% van die bruto binnelandse produk uit wat beteken ’n gemiddelde onderneming moet jaarliks 5% se inkomste aan korrupsie en bedrog afskryf. In sommige Afrika- en Oos-Europese lande is dit so hoog soos 20%.

Tenderkorrupsie word volgens die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa) nou in Suid-Afrika as van die hoogste sedert 1994 beskou, het hy gesê. Daarom pleit hy vir ’n stelsel waar groot tenders aan hersiening van die ouditeur-generaal onderhewig is.

“Die gevolge van korrupsie is dat ’n klomp landsburgers hulle ten koste van mede-burgers verryk. Dit lei ook tot onbillike mededinging en onnodige prysstygings.”

Hancke het gesê korrupsie kan alleen hokgeslaan word as gestreef word na ’n anti-korruptiewe stelsel. “ ’n Vrye en onafhanklike pers het ook hier ’n groot rol te speel om korrupsie bloot te lê.”

Hancke meen groter klem moet veral op die aanspreeklikheid en verantwoordbaarheid van staatsamptenare gelê word. “Suid-Afrikaanse staatsamptenare moet as individue wetlik aanspreeklik gehou word vir hul optrede, veral in sake waar staatsgeld en -bronne betrokke is.”

Die onafhanklikheid van die regbank en die regstelsel moet versterk word. “Daar moet duidelike kriteria wees vir die aanstelling van regters en regsopleiding moet gegee word vir alle voorsittende beamptes om regspleging te verbeter.”

Hancke meen die algemene “oorlog” teen korrupsie sal slegs kan slaag as daar ’n politieke wil is en die nodige ondersteuning gebied word vir agentskappe soos die Spesiale Ondersoek-eenheid, die openbare beskermer, die ouditeur-generaal en ook die Onafhanklike Polisie-ondersoek-eenheid.