Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 70%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Nuus

Vlymskerp en vol pitkos

Verwag dít van fees-diskoerse

Deur Jan-Jan Joubert Sondag 22 September 2013 11:38 nm.

’n Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) loop verby een van die kunswerke deur die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe. Van der Merwe is as vanjaar se Aardklop-kunstefees se feeskunstenaar aangewys. Sy uitstalling, getiteld Sculping the land, is in die NWU-kunsgalery te sien. Aardklop begin vandag in Potchefstroom. Foto: Alet Pretorius

Potchefstroom. – Van die land se voorste kenners sak vandeesweek op Potchefstroom toe om deel te neem aan Clover Aardklop se oggend-diskoerse – en enige lid van die publiek kan gratis kom luister, vrae vra, insette lewer en saamgesels.

Die gesprekke vind elke oggend 08:30 plaas agter die Boeke-oase in Hoffmanstraat in Potchefstroom, en beloof om die dag vlymskerp met volop pitkos te begin.

Môreoggend gesels een van Suid-Afrika se bekendste joernaliste, die City Press-redakteur Ferial Haffajee, met die analis JP Landman, prof. Adam Habib (visekanselier van Wits) en prof. Anthoni van Nieuwkerk (direkteur van die sentrum vir verdedigings- en sekuriteitsbestuur aan Wits) oor die vraag of transformasie en integrasie versoenbaar is met ekonomiese vooruitgang.

“Ons het die neiging om te glo dat transformasie, integrasie en vooruitgang nie werklik hand aan hand kan loop nie, maar staar ons ons blind teen die donker wolk?” vra Haffajee.

“Wat is lukrake veralgemenings en wat is die feite?”

Woensdagoggend vra (en antwoord!) ’n paneel onder leiding van Beeld se nuusredakteur, Pieter du Toit, of die media deur sensasie gedryf word.

Die paneel bestaan uit Hannelie Booyens, dosent in joernalistiek aan die Noordwes-Universiteit, Willem de Klerk, prokureur en mediaregkenner, en Barry Bateman, verslaggewer van Eyewitness News. Hulle sal die Oscar Pistorius/Reeva Steenkamp-geval as uitgangspunt neem.

Donderdag is onderwysdag. Ja, daar is fout met ons skole. En tog is daar jaarliks skole wat bo verwagting goed presteer. Wat werk in ons skoolstelsel en hoe brei ons dit verder uit?

Waldimar Pelser, redakteur van Rapport, lei ’n paneel bestaande uit Chris Klopper van die onderwysvakbond die SAOU, Cornia Pretorius (onderwysjoernalis en dosent aan die Noordwes-Universiteit) en adv. Paul Colditz van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole.

Vir Vrydag se gesprek het die land se voorste politieke partye hul prominentste Afrikaanse leiers gestuur om politiek te gesels met die gehoor.

Onder voorsitterskap van Beeld se politieke redakteur, Jan-Jan Joubert, sal Andries Nel, adjunkminister en lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, die DA-LP en omroeper Niekie van den Berg en die politieke analis Henry Jeffreys, gesels oor alles van Marikana, Agang en Julius Malema tot taalkwessies, grondregte en natuurlik volgende jaar se verkiesing.

Die rugbyskrywer Marco Botha is gasheer vir Saterdag se gesprek oor skolerugby, met die vraag of skolespelers gelei en gebrei word om beroepsportlui te word.

Paneellede is die Springbokflank Arno Botha, Xander Janse van Rensburg (hoëprestasiebestuurder van die Blou Bulle Maatskappy), Dennis Karelse (hoof van Hoërskool Albertinia en SA skolerugbykeurder), Bart Schoeman (werwingshoof van die Goue Leeus Rugbyunie) en Francois de Kock (direkteur van rugby aan die Hoërskool Garsfontein in Pretoria).