30 Mei 14:27
15°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 15°C

Wind 16km/h


Reënval 7mm


Humiditeit 79%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 36km/h


Reënval 5mm


Humiditeit 82%

Maandag


14°C / 12°C

Wind 51km/h


Reënval 1mm


Humiditeit 69%

Dinsdag


18°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 74%

Woensdag


16°C / 13°C

Wind 26km/h


Reënval 5mm


Humiditeit 80%

Donderdag


16°C / 14°C

Wind 17km/h


Reënval 23mm


Humiditeit 78%

Nuus

Batterye gebuit uit selfoontorings: Nege gearresteer

Deur Elaine Swanepoel Maandag 30 September 2013 23:20

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die naweek toegeslaan op diewe wat oor drie maande R1 miljoen se batterye uit selfoontorings in Limpopo en Johannesburg gesteel het.

Sewe verdagtes is Vrydag deur speurders van die Olifantsfontein-polisiekantoor en lede van Limpopo se provinsiale misdaadintelligensie-eenheid by ’n skrootwerf in Olifantsfontein vasgetrek.

“Die polisie het ’n wenk opgevolg en die situasie ’n ruk lank dopgehou,” het lt.kol. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Mogale het twee bakkies met 16 en 18 batterye elk Vrydagmiddag die skrootwerf binnegery. Die batterye is vermoedelik van selfoontorings in Giyani in Limpopo en Lenasia in Johannesburg gesteel. Sleutels vir en GPS-koördinate van Telkom-, MTN- en Vodacom-torings is in die bakkies gevind. – Elaine Swanepoel