24 Mei 15:07
12°C / 22°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Maandag


19°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 3.8mm


Humiditeit 81%

Woensdag


21°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


18°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 12.4mm


Humiditeit 76%

Nuus

Gerdener ‘rolmodel van hoe mens moet leef’

Deur alet rademeyer Vrydag 22 November 2013 01:21

Theo Gerdener

PRETORIA. – Theo Gerdener (97), ’n voormalige minister van binnelandse sake en oudadministrateur van die destydse Natal, is gisteroggend oorlede.

Hy het die afgelope 40 jaar saam met sy vrou, Martha (93), hier gewoon. Die twee was 70 jaar getroud. Gerdener het in 1972 ’n opskudding veroorsaak toe hy uit die kabinet van John Vorster bedank het oor die regering se rassebeleid.

Volgens sy dogter, Marlien Wessels, was sy “verligte en vi­sioenêre politieke siening nie welkom in die destydse nasionale regering nie en hy was verplig om te bedank”.

“Hy het egter geen verwyt of bitterheid gehad nie en het die verandering na demokrasie in 1994 baie positief beleef.”

Ná sy uittrede uit die Nasionale Party het hy die Demokratiese Party gestig. In 1977 het hy en sir De Villiers Graaff die Nuwe Republiek Party gestig, die samesmelting van die Demokratiese Party en die Verenigde Party.

Volgens Wessels was haar pa ná sy aftrede nog baie geïnteresseerd in die politiek en het hy wyd oor die politiek in Suid-Afrika gelees.

Voordat hy die politiek betree het, was hy ’n joernalis by Die Burger en Die Huisgenoot. Hy het later die eerste Afrikaanse koerant in Natal, Die Nataller, gestig.

“Hy was die perfekte rolmodel van hoe ’n mens elke dag moet leef,” het Wessels gesê.

Gerdener word deur drie kinders, Gustav, Geta en Marlien, tien kleinkinders en tien agterkleinkinders oorleef.