Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Sondag


22°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 62%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


24°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Donderdag


24°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 2.1mm


Humiditeit 68%

Nuus

SA voëltjie gedryf tot rand van uitwissing

Deur elise tempelhoff Dinsdag 26 November 2013 11:29 nm.

Die witvlerkvleikuiken

Uitwissing staar die witvlerkvleikuiken (Sarothrura ayresi), wat in vleie in Suid-Afrika voorkom, in die gesig weens habitatvernietiging. Daar is na raming net 50 oor in Suid-Afrika.

Dit is die bevinding van die Wêreldbewaringsunie (IUCN) en is opgeteken in sy jongste rooidatalys wat gister gepubliseer is. Dit is die eerste keer dat dié voël die lys van krities bedreigdes haal.

Dié voëltjie is een van die 21 286 spesies wêreldwyd waarvan die bevolking so laag is dat hulle waarskynlik binnekort gaan verdwyn. Die IUCN het tot dusver die bevolking van 71 576 spesies ontleed en bevind dat byna ’n derde hiervan binnekort kan uitsterf.

Die witvlerkvleikuiken, wat in Ethiopië, Zimbabwe en Suid-Afrika voorkom, is tot op die rand van uitwissing gedryf deur vleie se vernietiging en drooglegging, en beeste wat sy habitat oorbewei.

Alles is egter nie net slegte nuus nie, het die IUCN gesê. Twee albatrosspesies (die swartrugmalok en die swartpootmalok), asook die leerrugskilpad (Dermochelys coriacea) en ’n vos (Urocyon littoralis), wat endemies is aan Kalifornië se Channel Islands (Kanaal-eilande), toon tekens van herstel.

Uitwissing staar ook die Okapi (Okapia johnstoni), nasionale simbool van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), in die gesig. Dr. Noëlle Kümpel, mede-voorsitter van die IUCN se kameelperd- en Okapi-navorsingsgroep, het gesê solank as wat die DRK in ’n burgeroorlog gewikkel is, sal dié diere se getalle bly daal.