Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 58%

Maandag


25°C / 15°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


23°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 65%

Donderdag


24°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 64%

Vrydag


24°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Nuus

Suid-Afrika sak terug op ranglys oor korrupsie

Deur James-Brent Styan Woensdag 04 Desember 2013 12:32 vm.

Kaapstad. – Suid-Afrika vaar al hoe slegter op ’n internasionale korrupsie-rang­lys.

Die korrupsiewaghond ­Corruption Watch (CW) het gister die jongste korrupsie-indeks bekendgestel wat Transparency International (TI) saamstel.

Suid-Afrika het die 77ste plek op die lys van 177 lande behaal.

David Lewis, uitvoerende direkteur van Corruption Watch, sê die indeks is basies ’n persepsie-indeks.

Hy sê Suid-Afrika was verlede jaar 69ste op die ranglys.

“Die indeks meet mense se indruk van korrupsie, waar 0 beteken lande is erg korrup en 100 beteken ’n land is sonder korrupsie.”

Lewis sê Suid-Afrika het vanjaar 43 gekry.

Die land se posisie op die ranglys is nie goed nie, maar die goeie nuus is dat Suid-Afrika se posisie die afgelope jaar of wat gestabiliseer het, sê Lewis.

Lewis sê so ’n afplatting en stabilisering kan toegeskryf word aan groter bewustheid van korrupsie onder burgerlikes.

Suid-Afrika vaar gelukkig beter as die meeste ander lande in Afrika, maar daar is tog ’n paar lande wat beter vaar.

Somalië en Suid-Soedan word beskou as die mees korrupte lande op die vasteland.

’n Gebrek aan deursigtigheid en goeie leierskap word voorgehou as groot faktore by korrupsie.

Van die lande in Afrika wat as die mins korrupte beskou word, is Botswana, wat 30ste op die wêreldranglys is.

Lewis sê om korrupsie beter te takel moet daar meer gevolge vir skuldiges in gesagsposisies en in die polisiediens wees.

“Mense moet meer uitpraat oor korrupsie en moet daarteen vermaan en stry,” sê hy.

“Daar is ligpunte, soos die teenkorrupsie-maatreëls wat die staatsdiens probeer instel.”

Lewis sê wat sulke goeie handelinge egter ongedaan maak, is wanneer mense in magsposisies hul posisies misbruik.