Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Dinsdag


19°C / 12°C

Wind 22km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 82%

Nuusflitse
Man ernstig beseer in haai-aanval NFL steier onder insidente van geweld Twee dood toe taxi omslaan Stortvloed rou riool sorg vir chaos Vrou byna meegesleur toe riooltenk ontplof Ontbinde lyk in tas gevind Trein tref bakkie, bestuurder oorleef Drie sterf in KZN-ongeluk Ontploffing ruk Spaanse stadsaal Spesiale verslag: Te wreed vir woorde? Man in hof oor 'dwelmstrooitjies' Talle sterf in Siriese ontploffings Lyk van vermiste Britse meisie moontlik gevind Man ná 12 dae in grot gered Drie dood in haarsalon-ontploffing 'Organisasies ontbloot foutlyne in volk' - Koos Kombuis Japan se blitstrein word 50 Treinongeluk in Indië eis 12 Vulkaan: Dodetal in Japan styg steeds WWF: Mens het een en 'n half aarde nodig Joost en All Blacks ontmoet wéér ‘Vyfsterhotel’ brand in Mongolië Britse toeris glo twee keer verkrag voor moord Skole in Japan kry bomdreigement Thailand oorweeg ID-armbande vir toeriste iPhone 6 nou te koop in China Man vuur skoot by Ethiopiese ambassade Kankerdokter vas ná sy minnaar vergiftig Stop betogings, vra Hongkong-hoof Nóg 'n vulkaanuitbarsting dreig in Japan Turkye deur mortiere getref Egpaar kry lewenslank vir dierevideo’s Lufthansa-vlieëniers gaan Dinsdag wéér staak Viëtnam lê beslag op 40 kg se ivoor Ebola: Australië stuur nie dokters nie Vulkaan: Nog lyke van berg gebring Minnares kruip weg vir vrou, val na dood NK-ongeluk: Dodetal styg VSA-dokter blootgestel aan ebola Seun (15) doodgeskiet
Nuus

Talle groot leiers só vereer

Staatsie ’n tradisie deur die wêreld

Deur Sarel van der Walt Maandag 09 Desember 2013 12:18 vm.

Wanneer oudpres. Nelson Mandela van Woensdag af by die Uniegebou in Pretoria in staatsie gaan lê, volg hy in ’n wêreldwye tradisie van staatsleiers wat ook op dié manier vereer is.

Onder die ander bekendes wat ook in staatsie gelê het, is sir Winston Churchill (Brittanje), Mohandas Gandhi (Indië), Kim Jong-il (Noord-Korea) en die Russiese leiers Wladimir Lenin, Josef Stalin en Leonid Brezjnjef.

Toe Churchill in 1965 oorlede is, het hy ná ’n dekreet van koningin Elizabeth II vir drie dae lank in die Westminster-parlement in Londen in staatsie gelê sodat die Britse publiek van die voormalige Britse premier afskeid kon neem.

Mandela sal ook drie dae lank in staatsie lê voordat sy oorskot Saterdag na die Oos-Kaap vervoer sal word vir die begrafnis Sondag.

Die oudpresident se familie het ’n verbod op die neem van foto’s geplaas.

Ná Churchill se begrafnisdiens in die St. Paulus-katedraal is die kis met sy oorskot op ’n trein na Bladon geneem waar hy in ’n kerkhof ter ruste gelê is.

Oral langs die roete het duisende mense in stilte hul laaste eerbewys betoon.

Die stoomlokomotief wat die trein gesleep het, is “Winston Churchill” gedoop en is nou ’n museumstuk.

Nadat Gandhi, wat as die “Vader van Indië” beskou word, in 1948 in ’n sluipmoordaanval doodgeskiet is, het meer as twee miljoen mense sy begrafnis bygewoon.

Toe prinses Diana van Brittanje in 1997 in ’n padongeluk in Parys dood is, het die begrafnisstoet voor sowat drie miljoen mense in Londen verbygegaan.

Haar begrafnis word beskou as die grootste nóg.

Mandela se begrafnis sal na verwagting die grootste sedert dié van pous Johannes Paulus II in 2005 wees.