Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 45km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Vrou sterf toe vragmotor op haar motor rol ‘Ebola-chaos’ by Beitbrug Man vas wat huishulp aanrand Man aangekeer wat katte vir dwelmsmokkelary gebruik Universiteite breek bande met Bill Cosby Dief steel lykswa met lyk steeds binne in Matriekmeisie gee geboorte voor skool, los glo baba Seun op soek ná wolkbreuk Hoë risiko vir beurtkrag dié naweek Kaapse man steek glo vrou in Auckland dood 'Pop trek Steve Hofmeyr se toutjies' Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer
Nuus

Droogte: Boere in NW kry hulp

Geld kort vir voer, vervoer daarvan

Deur Susan Cilliers Sondag 22 Desember 2013 11:26 nm.

Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika het R150 000 geskenk vir droogtehulp in Noordwes, waar talle boere steeds steier onder die ergste droogte sedert 1933.

Hannes Vorster van Potchefstroom, woordvoerder van die kommissie wat die diakonale sake van die algemene sinode van die Gereformeerde Kerk behartig, het gesê hulle het ’n staande fonds om hulp te verleen aan Suid-Afrikaners en buitelanders in nood.

“Ons het deur die media bewus geword van die droogte in die noordelike dele van die land en besluit om die fondsgeld vir droogtehulp beskikbaar te stel.”

Cor Janse van Vuuren, president van Agri Noordwes, het gesê meelewendheid soos dié en die feit dat baie mense weer begin bid het, is van die positiewe uitvloeisels van die erge droogte.

“ ’n Bejaarde tannie het ons gebel en gesê sy het nie geld nie, maar ons moet weet sy bid vir ons.”

Volgens Janse van Vuuren het reën al op baie plekke in die provinsie geval, maar dit is wisselvallig en dan is daar gebiede waar die droogte nog glad nie gebreek is nie.

Veral in die Delareyville-, Kameel-, Stella- en Setlagole-omgewing wil die reën maar net nie val nie.

Ook in die Amalia-, Vryburg-, Christiana- en Bloemhof-omgewing gaan dit baie swaar.

“Beeste vrek nog,” sê Janse van Vuuren. “Die boere kan net nie meer nie. Daar is nie geld vir voer en die vervoer daarvan nie.”

Danksy reën wat wel geval het, kon die meeste saaiboere darem al plant.

Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes, het gesê hulle het al kontantskenkings van sowat R225 000 en bykans R650 000 se voer ontvang van mense van oor die land heen wat die boere wil help.

Baie hulp het ook ingekom danksy die Noordwes Droogtehulp-Facebook-blad.

Die RSG-omroeper Amore Bekker het nou ook op haar gewilde middagprogram, Tjailatyd, ’n projek, Dollars vir Droogte, van stapel gestuur om te help om voer by die diere te kry.

“Ons is baie dankbaar vir die groot reaksie van luisteraars,” sê Bekker. “Ons vra hulp van vervoermaatskappye en enigiemand wat wil help met kontant vir vervoer.”

Besoek RSG se webwerf, kyk by “Gehoor op lug” en klik op Tjailatyd om te help.

Besoek ook die Noordwes Droogtehulp-Facebook-blad vir inligting oor hulpverlening.