Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Vrydag


21°C / 14°C

Wind 19km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Helshoogte eis 1; Busse bots by Richmond

Slagting op die paaie

Deur Michelle Pienaar Maandag 23 Desember 2013 10:30 nm.

Die N1 tussen Jan van Riebeekweg en Ceceliastraat in die Paarl was gesluit weens 'n ongeluk op die N1. Foto: Natalie Gabriels/Foto24

KAAPSTAD. – Nog vier mense het gister op die provinsie se paaie gesterf.

Dit bring die totale sterftes op Wes-Kaapse paaie sedert 1 Desember op 108 te staan. Landwyd het meer as 600 mense reeds hul lewe verloor.

In die eerste van twee ongelukke gister is drie mense sowat 10 km suid van Richmond in die Noord-Kaap dood in ’n botsing reg van voor tussen ’n Toyota Quantum-bussie en ’n passasiersbus van die Solomons-busdiens van Kaapstad.

In die tweede is ’n motorfiets­ryer dood en ’n voetganger ernstig beseer op die Helshoogtepad buite Stellenbosch.

Die ongeluk by Richmond het omstreeks 02:00 plaasgevind. Volgens lt. Geraldine Jacobs, ’n polisiewoordvoerder, was die passasiersbus van Kaapstad na Richmond onderweg, terwyl die kleiner bussie in die rigting van Drie Susters gery het.

’n Vrouepassasier in die bus sowel as twee mans in die Quantum-bussie het in die botsing gesterf. Een van die mans was van Zimbabwe en die ander ’n Suid-Afrikaner, het Jacobs gesê.

Die eienaar van die Solomons-busdiens, Leon Solomons, was gister na Richmond op pad en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Volgens Jacobs is 15 ander passasiers van die bus in die Manne Dipico-hospitaal in Colesberg en die Sentrale Karoo-hospitaal in De Aar opgeneem.

“Ons kan nog nie met sekerheid sê hoeveel mense behandel word nie. Daar was sowat 30 mense in die bus,” het Jacobs gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Samantha van den Berg berig die ongeluk op die Helshoogtepad het omstreeks 09:00 gebeur.

Volgens Natasha Gouws, ’n senior verkeersbeampte by die Stellenbosch-verkeersdepartement, het ’n 26-jarige motorfietsryer, met ’n passasier agter op sy motorfiets, na bewering ’n 46-jarige voetganger raakgery en geval.

Die motorfietsryer is ernstig beseer en is later die middag in die Mediclinic Stellenbosch oorlede. Die voetganger is nog in ’n ernstige toestand in die Stellenbosch-hospitaal, het Gouws gesê. Die passasier is nie ernstig beseer nie.

Volgens Gouws moet die omstandighede rondom die ongeluk nog ondersoek word. Die Stellenbosch-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Jacques Mostert, woordvoerder van die Wes-Kaapse provinsiale verkeersdepartement, het gesê die verkeer op die paaie in die provinsie is baie rustig.

“Mense gedra hulle goed en ons sê baie dankie daarvoor,” het Mostert gesê.

Hy het gevra dat bestuurders moet onthou om selfs in die dag met hul hoofligte aan te ry.

- Van 1 tot 22 Desember het 100 mense op Wes-Kaapse paaie gesterf, vergeleke met 153 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.